Die seënuitsprake van Jesus (16)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (16)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe, wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Ons kyk in hierdie blog na twee voorbeelde van Christus se barmhartigheid. Jesus waarsku vir Petrus: Nog voor die haan kraai, sal jy my drie keer verloën (Johannes 13:38). Christus bid vir Petrus dat sy geloof nie sal faal nie. Petrus se geloof word bewys daardeur dat hy nie met sy verloëning van Jesus kon saamleef nie. Petrus se geloof bring berou. Na Jesus se opstanding verskyn Hy aan vier van sy dissipels by die See van Tiberias. Jesus vra vir Petrus of hy Hom liefhet Petrus antwoord: Ja, Here. U weet dat ek u liefhet (Johannes 21:15). Barmhartigheid beteken dat jou mislukking nooit die laaste woord is nie.

 

Vroeër het Jesus ook sy barmhartigheid teenoor Tomas bewys. Tomas vertel vir die ander dissipels: as ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie (Johannes 20:25). Toe verskyn Jesus aan sy dissipels, insluitend Tomas. Hy sê vir Tomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande en bring jou hand en steek hom in my sy, en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig (Johannes 20:27). Barmhartigheid beteken dat twyfel en vrae nooit die laaste woord moet hê nie.

 

Die hele punt van die Christelike lewe is dat die karakter van Jesus in die lewens van sy mense weerspieël moet word. Dit beteken ‘n gemeenskap van broers en susters met harte vol deernis. Dit staan sentraal in ons roeping. Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God (Miga 6:8). Toe sommige leiers Jesus misverstaan het, sê Hy vir hulle: gaan leer wat dit beteken. “Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie” (Matteus 9:13).

 

GELEENTHEDE OM BARMHARTIGHEID TE BWYS

  1. As jou pad die pad van iemand wat ‘n materiële behoefte het, kruis.

Dit was die geval met die barmhartige Samaritaan. Hierdie Samaritaan het nie gekla oor die samelewing nie die man se behoeftes hanteer het nie. Nee, hy hanteer die man se onmiddellike behoeftes en doen wat hy kon om sy behoeftes te velig. God sal mense met materiële behoeftes oor jou pad bring. Bewys barmhartigheid.

 

  1. Bewys barmhartigheid as jy ‘n mede-Christen wat met sy pad saam met Christus sukkel.

Oor dié een wat in twyfelverkeer, moet julle julle ontferm (Judas :22).. as ‘n broer of suster deur vrae waaarop hulle nie antwoorde het nie, is hulle grootste behoefte ‘n vriend wat langs hulle kom staaan en hulle in hulle geloof versterk. God se mense moet mekaar bemoedig Mense wat twyfel sal nie deur ‘n harde hand gehelp word nie. Christus breek nie ‘n geknakte riet nie.  Jou bruikbaarheid vir Christus vermeerder as jy teerder word en meer sensitief word vir die laste wat ander dra.

 

  1. Bewys barmhartigheid as iemand op so ‘n wyse val dat dit hom skaam maak

Satan word die vader van die leuen genoem. Hy is gedurig besig om stories te vervaardig wat my minder sal laat dink van my broers n suster. Dit is net so sleg om ;n leuen te glo as om een te vertel ons leef in ‘n kultuur waat oordele dikwels uitgespreek word voordat di bewyse eers gehoor is. Ons is so vinnig om die ergste van ander et glo. Ons maak dikwels meer van ‘n ander se swakpunte as sy sterkpunte barmhartigheid maak meer van ‘n ander se deugde as sy mislukkings. Better take away a man’s life than his name. It is an irreparable injury (Thoms Watson).

 

  1. Bewys barmhartigheid deur redelike verwagtings te hê

Ander Christen sal ons telerstel soos ons hulle ook dikwels teleurstel. Moenie onredelike verwagtings stel van ander nie – ook nie van my eggenoot en kinders nie. Ek moet leer om nie ontmoedig te word deur teleurstellings nie

 

  1. Bewys barmhartigheid as iemand jou seermaak.

Josef se broers het Hom verskriklik seergemaak toe hulle hom as slaaf verkoop het. God seën hom en hy word naas die farao die belangrikste persoon in Egipte. Hy kry die geleentheid om wraak te neem toe sy broers kos in Egipte kom koop, maar hy doen dit nie. Hy sê:  julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen (Genesis 50:19).

 

  1. Bewys barmhartigheid dur die evangelie aan iemand wat God nog nie ken nie, te verkondig

Barmhartige mense praat dikwels met God oor ongelowiges en dikwels met ongelowiges oor God.

Oor ander moet jullejulle met versigtigheid ontferm ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk (Judas:23). If I weep for the body from which the soul is departed, ho should I not weep for the soul from which God is departed (Augusrinus).

 

Daar is baie geleenthede om barmhartigheid te bewys. Barmhartigheid is die aanloop tot vergifnis as jy barmhartigheid bewys kom jy op ‘n plek waar jy gereed en in staat is om te vergewe.

 

In die volgende blog gaan ons kyk na hoe en wanneer God vergewe.

 

image_pdfimage_print