Die seënuitsprake van Jesus (5)

image_pdfimage_print

Die seënuitsprake van Jesus (5)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en Psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Ek bring niks nie. Die raaisel van met leë hande te kom

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Ons lees die Bybel gereeld. Goed. Maar wat het ons gesien? Ons lees deur die Bybel  en beweeg verby die lewensveranderende waarhede oral om ons, sonder om beïnvloed te word. Wysheid tree anders op. Sy stop by ‘n meesterstuk. Kyk daarna totdat die skoonheid deur haar oë in haar siel gaan. Hierdie uitsprake is ‘n plek waar ons langer moet vertoef..

 

Geseënd is dié wat geestelik arm is. Wat beteken dit? As om arm te wees, sou beteken dat ons geseën word, sou dit maklik wees: sien af van jou rykdom. Die probleem is dat rykdom en armoede elk sy eie versoekings het: moet my nie arm maak of ryk maak nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie (Spreuke 30:8 – 9). Geld is ‘n gawe van God, maar meer of minder gaan nie maak dat God jou seën nie. Die Evangelie volgens Lukas het ‘n verkorte weergawe van hierdie uitsprake. Hy sluit net vier uitsprake in van dié in Matteus maar voeg dan vier ellende-uitsprake” by

. Lukas sê: gelukkig is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God (6:20). Hoe lyk arm van gees in die ware lewe? Dit het niks te doen met vals nederigheid wat jou God-gegewe gawes ontken nie. Dit beteken jy erken jou armoede voor God; dat jy nie die lewe geleef het waartoe God jou geroep het nie en sonder Hom kan jy dit ook nie doen nie. Dit is ‘n houding waarin jy erken dat sonder Hom is jy tot niks in staat nie.

 

Om arm in gees te wees, is die eerste teken van ‘n persoon wat met God loop. Jy mag wonderlike talente hê, maar jy weet jy het nie wat Hy van jou vereis nie.

 

‘n Profeet

Jesaja was ‘n begaafde prediker. In sy bediening het hy ‘n ondervinding gehad waar hy God op ‘n hoë troon sien sit het. Die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Serafs was om Hom en het mekaar telkens toegeroep: Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige. Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid. As die serafs geroep het, het die deure en kosyne gerammel. Jesaja die profeet roep uit: dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein … En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige. As Jesaja sê dat hy in die teenwoordigheid van God verlore is, waar laat dit ons. Die wêreld het Jesaja se gawes en talente gesien, maar in die teenwoordigheid van God sien Jesaja net sy eie nood. In die teenwoordigheid van God word hy arm van gees. As God naby kom, moet trots wyk.

 

Om nederig te wees is ‘n selfbevestigende kultuur. Om arm van gees te wees, gaan teen die grein van ons kultuur in. Wat is vandag se kultuur? Express youtself, beliefve in yourself, realize the powers that are innate in yourslef and let the world see and hear them (Martyn Lloyd-Jones). Vandag span almal saam om vir ons te sê hoe goed ons is. Maar die Bybel sê: Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie (Spreuke 3:5). Jesus sê nie vertrou in jouself nie, maar: Glo in God; glo ook in My (Johannes 14;1). Die persoon wat ver van God is, sê: “Ek kan dit doen. Ek kan elke uitdaging die hoof bied.”  Die persoon wat met God loop, sê: Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie (Psalm 16:8).  Hierdie twee stellings verskil hemelsbreed.

 

Om arm van gees te wees, is die hek na al die ander seëninge. Watter seën word aan dié wat arm van gees is belowe? Aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Let op hierdie is in die teenwoordige tyd geskryf – nie eendag nie, maar nou. Al die ander seëninge word vir die toekoms beskryf. Ons huige lewe is ver verwyder van die hemel. Watter smaak kry diegene wat arm van gees is van die hemel. Hulle ondervind die grootste seën – die teenwoordigheid van GOD: Ja,al is die Here hoog verhewe, hy gee om vir die nederige, maar hy sien van ver af deur die hoogmoedige (Psalm 138:6). Hierdie belofte van God se teenwoordigheid by dié wat arm van gees is open die deur van hoop.

 It is worthy of  …mention this first blessing is given rather to the absence than the presence of paiseworhty qualities…. Not what I have but what I have not, is the first point of contact between my soul and God (Charles  Spurgeon).  Solank as wat ons hande vol is, kan ons nie ontvang nie. Leë hande is waar die seën van God begin.

 

 

image_pdfimage_print