Die Sikhs

image_pdfimage_print

We need to find God, and He cannot be found in noise and restlessness. God is a friend of silence. See how nature – trees, flowers, grass – grows in silence; see the stars, the moon and the sun, how they move in silence. We need silence to be able to touch souls – Moeder Teresa

 

Die Sikhs

Kort-kort lees ons van geweld teen die Sikhs. Onlangs in die VSA is ‘n aantal Sikhs in ‘n Gurdwara (‘n Sikh plek van aanbidding) doodgeskiet. Maar wie/wat is die Sikhs?

  

Sikhisme is een van die jongste wêreldgodsdienste – ongeveer 500 jaar oud. Daar is ongeveer 23 miljoen Sikhs wêreldwyd – die vyfde grootste wêreldgodsdiens. Van hulle woon ongeveer 22 miljoen in in Suid-Asië – veral in die Punjab-streek van Indië.

 

Die woord Sikh beteken dissipel of leerling. Guru Nanak Dev Ji het tydens die 15de eeu geleef. Tydens een van sy daaglikse meditasies het hy verdwyn. Drie dae later keer hy terug en sê dat hy ‘n opdrag van God gekry het om die boodskap van gelykheid en waarheid te versprei.

 

Na hom volg nog nege ghoeroes. Almal van hulle dra wysheid aan hulle volgelinge oor. Die Sikhs glo dat hierdie tien ghoeroes ‘n goddelike gees gedeel het – dit is van die een na die ander oorgedra. Die laaste ghoeroe was Gobind Singh. Hy het ‘n boek met die gesegdes van die ghoeroes saamgestel – die Guru Granth Sahib.

 

Sikhs glo in ‘n siklus van reïnkarnasie wat net deur die onderrig van die ghoeroes, ‘n lewe van integriteit en meditasie verbreek kan word. Hierdie praktyke bevry hulle van menslike swakhede en konflik. As hulle eers volkome vry is, kan hulle met god saamsmelt.

 

Sikhs word herken aan die tulband wat hulle dra. Vir hulle simboliseer die tulband hulle toewyding aan dissipline, integriteit, nederigheid en geestelikheid.

 

Hierdie is vir ons ‘n vreemde godsdiens – ons verstaan dit nie. Maar as Christene moet ons saam met die Sikhs teen geweld staan en vir almal wat in die geweld seerkry, bid.

image_pdfimage_print