Die vyfvoudige bediening – Francois Malan

image_pdfimage_print

Jan vra;
Dit lyk vir my of die vyfvoudige bediening waarna Paulus verwys iewers langs die pad prominensie verloor het behalwe vir die hedendaagse selfaangestelde “profete” met dieselfde titel.
Wat ek graag wil verneem is hoe die besondere gawes in die kerk funksioneer en hoe die geestelike kerk ( 1 Kor 3: 16” Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?) met die, sal ek dit maar die “sekulêre kerk”noem, versoen word, asseblief.

Antwoord
Prof Francois Malan antwoord:
Efes 4: 8: “Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.” (‘n ‘Aanhaling uit Psalm 68: 19 : “U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o Here God!”).
En dan verder in Efes 4: 11: “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders, en leraars, (12) om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, (13) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.”
OPMERKING: Efes 4: 8: Hy het gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
Die Psalmvers: U het gevangenes weggevoer, geskenke geneem onder die mense en ook wederstrewiges om daar te woon.
In Matt 28: 18 verklaar Jesus dat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hom gegee is en in Joh 14: 12 sê Hy: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan”. Dan in Joh 17: 18: “Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.”

Die twaalf manne wat Jesus gekies het om saam met Hom te loop is dissipels genoem, Aldus, leerlinge of dan volgelinge en my aanname is dat hulle apostels (gestuurdes) geword het na Jesus se hemelvaart. Paulus verwys deurgaans na homself as ‘n apostel van Jesus Christus en so ook Johannes en Petrus. In Hand 6 word sewe diakens gekies om na die behoeftes van die weduwees en wese om te sien terwyl in 1 Tim 3 na opsieners verwys word wat waarskynlik die ouderlinge was.
Die vroeëre kerk se “ampsdraers” was dus apostels, ouderlinge en diakens. Nou kom Paulus en hy voeg daarby profete, evangeliste, herders en leraars (deur Jesus gegee as gawes aan die mense). Almal met die doel “om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk.”

Die eerste bekeerdes was omtrent 3000 mense en hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. Wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind en hulle het hulle eiendomme en besittings verkoop en die opbrengste onder mekaar verdeel volgens wat elkeen nodig gehad het. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. Vir Titus sê Paulus dat hy hom in Kreta agtergelaat het om reg te maak wat oorgebly het en om van stad tot stad ouderlinge aan te stel, die wat die Here hom beveel het.
In 1 Korinthiërs 12 sê Paulus dat daar verskeidenheid van genadegawes, bedieninge en werkinge is. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. ‘n Woord van wysheid, ‘n woord van kennis, geloof, gesondmaking, werkinge van kragte, profesie, onderskeiding van geeste, allerhande tale en uitleg van tale. In hoofstuk 14 moedig hy die mense aan om in die samekomste liewer te profeteer as om in ‘n onverstaanbare taal te praat wat niemand verstaan nie. (Alhoewel hy meer in tale spreek as hulle almal).

Nog voordat Jeremia in die moederskoot gevorm was het God hom al geken en geheilig en hom ‘n profeet vir die nasies gemaak. Vir sy taak wat God hom opgelê het, het Hy sy woorde in sy mond gelê, hom oor die nasies en koninkryke aangestel om uit te ruk en om te gooi, te vernietig, te verwoes, te bou en te plant. En so het al die profete van die OT elk sy eie roeping ontvang vir sy besondere tydperk van optrede. Tot op Johannes die Doper en volgens Jesus was daar nie ‘n groter profeet as hy nie. Jesus het uiteraard die hele situasie kom verander om die wil van sy Vader te kom doen en om voor Sy hemelvaart mense te kom bemagtig in genadegawes, bedieninge en werkinge.
Jesus was Apostel en Hoëpriester van ons geloof, Heb 3: 1, ook Profeet, Matt 21: 11, Evangelis, Mark 1: 14, Leraar, Mark 9:35 en Opperherder, 1 Pert 5: 4. Hy was dus die somtotaal van die vyfvoudige bediening wat Paulus in Efes 4: 11 voorhou.

In ‘n program gisteraand op RSG, Uit ‘n Ander Hoek, is ‘n gesprek uitgesaai oor die verwydering tussen die kerk en sy lidmate met prof Julian Muller en Terblanche Jordaan as gespreksgenote. Hierdie twee here het dit onder meer dat die Bybel in soveel woorde nie meer relevant is om die hedendaagse geestelike behoeftes van die mense te bevredig nie. Hule verkies eerder om hulle eie spiritualiteit en die soeke na God op ‘n ander wyse na te streef omdat die dinge soos die maagdelike geboorte van Christus, Sy opstanding, die bestaan van die duiwel en die hel en allerlei ander aspekte nie meer tot hulle spreek nie.

Voorop natuurlik die toelating tot ampte in die kerk van dieselfdegeslaglidmate, hulle egverbindings en alles wat daarmee saamgaan. Dit is juis hierdie prof Julian Muller wat daarin kon slaag om ‘n aanklag van kettery teen hom omgekeer te kry sodat die aanklaer inderdaad die skuldige geword het. Verwysing: Opgestaan deur Ferdie Mulder voormalige teologiese student aan die Universiteit van Pretoria.

In die huidige opset van die kerk is die dominee of die pastoor (of welke naam die voorganger ookal het) die spil waarom alles draai. Intussen neem mega-kerke hand oor hand toe in die ganse wêreld en dit oorheers alles aan die hand van getalle, grootte van geboue, finansies (voorop), uitbundigheid by wyse van desibels in musiek en sang, en allerhande ander voorspoed. Wonderlik!!

\
Die gawes wat Jesus gegee het is nie titels nie maar dienswerkbenoemings van mense wat ‘n getuienis dra dat hulle die liggaam van Christus met die bepaalde gawes dien soos wat die Heilige Gees gee met die oog op wat nuttig is.(1Kor 12: 7). Jesaja 66: 1: “So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat My rusplek sal wees”. God woon in elk geval nie in tempels wat met die hand gebou is nie. 1 Kor 3: 16: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
In die huidige kerkopset is die oorgrote meerdereid van die lidmate passief omdat die sisteem nie die bedrywighede van die vyfvoudige bediening akkommodeer nie.

Skrywer:  Prof Francois Malan

 

image_pdfimage_print

You may also like...