Dit is reg om ‘n Gewone Christen te wees

image_pdfimage_print

 

The care of the soul is ‘a matter of the highest importance;’ beyond any thing which can be brought into comparison with it. George Whitefield
Dit is reg om ‘n Gewone Christen te wees

Ons vertel altyd stories van mense wat iets buitengewoons vermag het. Michael Horton het pas ‘n boek geskryf met die naam, Ordinary. Meeste van ons is gewoon en daar is niks daarmee verkeerd nie. Maar in ons kultuur beteken gewoon middelmatig – onder die gemiddelde. Almal van ons glo dat ons bo-gemiddeld is. Ons wil tog nie lidmate van ‘n gewone gemeente wees nie; ons wil tog nie hê dat ons kinders gewoon moet wees nie.

 

Horton sê dat ons waardes verander het en hierdie nuwe waardes is besig om ons uit te put. Dit weerhou ons ook van betekenisvolle, langtermyn toewyding wat tot die lewe van ander bydra. Een ding kenmerk gewone Christene – trou. Hulle doen die regte ding oor en oor. Mense is vandag meer bekommerd oor verveeldheid as oor mislukking. Nog ‘n dag met ‘n gewone roeping tussen gewone mense om ons is moeiliker as om my eie drome na te jaag.

 

Natuurlik beteken dit nie dat al die waardes wat vandag bevorder word deur oproepe om radikaal te wees, verkeerd is nie. Om kerke in Afrika te bou is vir sommige mense ‘n roeping. Maar net so is dit as jy jou bejaarde buurman se kraan wat lek gaan regmaak. Dit wat jy elke dag doen daar waar God jou geplaas het, is belonend.

 

Ons moet ophou soek na die volgende “groot ding” en die buitengewone en tevrede wees om … gewoon te wees.

 

image_pdfimage_print