Drie belangrike gedagtes vooraf.

image_pdfimage_print

 

Any teaching which urges a man to trust in himself is merely a deception. — John Calvin

 

Drie belangrike gedagtes vooraf.

Greg Gilbert het onlangs ‘n belangrike boek geskryf: “Why Trust the Bible?” Hierdie is vandag ‘n algemene probleem: Mense vertrou nie meer die Bybel nie. Ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

As ons wil bewys dat die Nuwe Testament betroubare historiese getuienis lewer, moet ons eers vooraf na drie aspekte kyk.

  1. Ons soek nie wiskundige sekerheid nie

Absolute sekerheid is moontlik in wiskunde en soms in die wetenskap. Dit is nooit moontlik met geskiedenis nie. As dit ‘n vereiste is, sal ons nooit seker van enigiets uit die verlede wees nie. Ons kyk na nistoriese vertroue. Voorbeeld: Sekere mense het gesê dat Julius Caesar die Rubicon oorgesteek het. Hulle doen verslag van wat werklik gebeur het en daar is geen rede om te dink dat hulle verkeerd is nie. Ons vertrou dus dat hy die Rubicon oorgesteek het, alhoewel ons dit nie met absolute sekerheid kan bewys nie. Dit is die soort sekerheid waarna ons in die geskiedenis kyk. Meer as dit kan ons nie van die geskiedenis verwag nie.

 

  1. Geskiedkundige vertroue is voldoende rede om op te tree. Almal van ons vertrou dinge waarvan ons geen direkte kennis of ondervinding het nie. Ek was nie teenwoordig toe die Grondwet goedgekeur is nie, maar ek vertrou dit was. Ek het geen direkte kennis dat my ouers my ouers is nie. Ek leef en tree op met vertroue dat hulle my ouers is. Dit is die soort vertroue wat geskiedenis vir ons kan gee.

 

  1. Om te bepaal of Jesus werklik opgestaan het, moet ons veral na die vier evangelies kyk. As ons vetroue het dat Jeus uit die dood opgestaan het, het ons goeie rede om die betroubaarheid van die hele Bybel te aanvaar.

 

Met hierdie as agtergrond kan ons nou na ons eerste vraag kyk: Is die vertaling van die Bybel uit sy oorspronklike taal betroubaar? Sê dit nie dinge wat ons nie in die oorspronklike gekry het nie?

 

 

image_pdfimage_print