Ek wil die wêreld verander deur bombastiese taal op sosiale media te gebruik

image_pdfimage_print

 

“There is nothing like returning to a place that remains unchanged to find the ways in which you yourself have altered.” – Nelson Mandela

 

Ek wil die wêreld verander deur bombastiese taal op sosiale media te gebruik

Vraag: Gee ek genoeg om om my hande vuil te maak of hou ek net van die gevoel dat ek my plig gedoen het as ek dit op die sosiale media geplaas het. Daar is omstandighede waaronder die sosiale media tot verandering in die samelewing kan bydra – deur protesoptrede en boikotte te organiseer, deur mense ingelig te hou, ens.

 

Jesus het belanggestel om ware mense met ware probleme te help. Toe Johannes se volgelinge vir Jesus gevra het of Hy die Een is wat sou kom en of hulle vir iemand anders moes wag, antwoord Hy hulle: Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien. Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig (Matteus 11:4 – 5). As ons sosiale ongeregtigheid wil hanteer, moet ons Jesus se voorbeeld volg Ons geloof moet tot optrede lei: bring hoop vir die verlorenes, vertel almal van die Geneser.

 

Met al die inligting tot ons beskikking is daar geen tekort aan geleenthede om mense te help nie. Die probleem is dat ons nie altyd weet hoe om dit te doen nie. Hoe kan ons ons goeie bedoelings verander in betekenisvolle optrede.

 

  1. Kom in die gewoonte om te gee

Om vrygewigheid te ontwikkel, is ‘n goeie belegging. Studies wys dat armer mense gewoonlik ‘n groter persentasie van hulle inkomste aan barmhartigheid gee as ryk mense. Bepaal ‘n persentasie wat jy bereid is om te gee.  Die finansiële seëninge wat ons ontvang, moet ook tot voordeel van die gemeenskap wees.

 

  1. Gee jou tyd en talente

Spandeer ‘n paar uur per week in ‘n organisasie wat ander help. Begin klein. Dit gee aan ons ‘n beter perspektief van die lewe. Ons uitdagings word in perspektief geplaas as ons direk in aanraking is met mense wie se uitdagings veel groter as ons eie is.

 

  1. Wy jou vaardighede, beroep en lewenstaak aan die sake waarin jy glo.

Beroepsukses word nie net gemeet deur die bedrag wat jy verdien nie, maar ook deur die impak wat jou lewe op ander het. Maak nie saak wat ons oortuigings oor sosiale media is nie … ons kan altyd terugstaan en vra of daar nie iets meer is wat ek kan doen nie.

 

Baie van ons het goeie bedoelings. As ek daardie bedoelings oorsit in optrede kan ek begin om die wêreld te verander.

 

 

image_pdfimage_print