Galasiërs: Die brief van genade

image_pdfimage_print

 

“If you sweat in the study, you can relax in the pulpit.” H. B. Charles, jr

 

Galasiërs: Die brief van genade

In hierdie brief kry ons genade aan die begin (Genade en vrede vir julle … – 1:3) en aan die einde (Die genade van ons Here Jesus Christus sal by julle wees – 6:18) en dwarsdeur die brief. Maar hierdie genade is nie goedkoop genade nie, maar duur genade.

  • Dit is duur, want dit roep ons op tot dissipelskap; dit is genade, want dit roep ons op om Jesus Christus te volg.
  • Dit is duur, want dit kos mense hulle lewens; dit is genade, want daardeeur laat dit mense lewe.
  • Dit is duur, want dit veroordeel sonde; dit is genade, want die sondaar word vrygekoop.

 

Die kerk was nog altyd in die versoeking om Christelike vryheid aan goedkoop genade gelyk te stel. Dietrich Bonhoeffer was ontsteld oor die geestelik afgewaterde geloof as gevolg van goedkoop genade. Hy sê: Cheap grace is the mortal enemy of our church. Our struggle today is for costly grace.

 

Nou, ongeveer 75 jaar later, het ons situasie nog nie verander nie. Goedkoop genade is die norm – met baie slegte gevolge. Ons stryd is nog steeds teen goedkoop genade en vir duur genade – genade wat iets kos.

 

 

image_pdfimage_print