Geheime

image_pdfimage_print

“Progress should mean that we are always changing the world to fit the vision, instead we are always changing the vision.” – G. K. Chesterton

Geheime

As jy die woord geheim in ‘n preek hoor of in die Bybel lees, wat doen jy? In ‘n preek oor 1 Timoteus 3:16 – Die groot geheim van Goddelikheid – het Calvyn gesê dat daar twee dinge is wat ons moet onthou:

 

  • Ons moet ons beperkings ken. Ons moenie onsself vlei deur te dink ons het voldoende kennis om so ‘n omvangryke saak te verstaan nie.
  • Ons moenie lui wees nie; ons moet nadink oor die leer; ons moet kennis oor die onderwerp probeer kry.

 

Ons is geneig tot twee sondige reaksies as ons die woord geheim hoor of lees:

  • Trots. As ons die woord geheim hoor, is ons onmiddellik trots op onsself en dink ons het die vermoë om hierdie geheim te hanteer. Of
  • Luiheid. Ons aanvaar daar is niks in hierdie geheim wat ons aandag nodig het nie. Ons sluit af.

 

Wat is jou gewone reaksie? Meeste mense wissel tussen die twee. Ander is beide trots en lui terselfdertyd: “Ek gaan nou nie my tyd mors deur die saak te ondersoek nie, maar as ek dit sou doen, sal ek dit oplos!”

As ons op die woord geheim/geheimenis in die Bybel afkom, bêre jou trots, raak ontslae van jou luiheid en gee aandag. God is besig om vir jou iets te sê.

image_pdfimage_print

You may also like...