God hou van Gomers en Hosea’s

image_pdfimage_print

God hou van Gomers en Hosea’s

Die meeste mense glo hulle moet hulleself reinig en ‘n klomp veranderinge maak voordat God hulle sal ontvang. In stories soos dié van Hosea sien ons dat hy sy liefde vir haar gegee het terwyl sy nog ‘n prostituut was. Sy moes nie eers van prostitusie loskom en haarself reinig om Hosea se liefde te ontvang nie. Hy bied dit aan haar vryelik en onvoorwaardelik.

Hosea is ‘n model van God se liefde vir ons; aanvaarding, vergifnis en onvoorwaardelike liefde kom eerste. Daarna volg veranderinge in reaksie.

Jesus ontmoet sy eie Gomer in Johannes 8. Hulle bring ‘’n vrou na hom wat op owerspel betrap is. In die kultuur van destyds word so ‘’n persoon gestenig. Die Joodse leiers bring hierdie vrou na Jesus. Hulle is gereed om haar dood te maak. Hulle vra Hom wat hulle met haar moet doen. Wat’ sê Jesus? Laat die een van julle wat ‘’n skoon gewete het, eerste ‘’n klip op haar gooi.  Hulle laat val hulle klippe en loop weg. Jesus vra vir haar waar haar aanklaers is. Sy antwoord dat hulle almal weg is. Net Hy sou geregverdig gewees het om haar straf te voltrek dan hierdie asemrowende stelling van Jesus: ek doen dit ook nie gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie. Ons sou die stelling omgedraai het: “as jy nie meer sondig nie sal ons jou nie veroordeel nie. Reinig jou lewe en dan kom jy terug na ons toe.”

Jesus aanvaar voor verandering. Jesus se aanvaarding is die krag wat ons vrymaak van sonde en nie die beloning omdat ons onsself vrygemaak het nie. Die vrou en Gomer sou nooit die krag gehad het om die siklus van owerspel te verbreek nie. Eers as sy die warmte van aanvaarding ondervind het sy die krag om die siklus in haar eie lewe te breek. Hosea se liefde is die spieëlbeeld van God se liefde – die liefde wat aanmekaar na haar terugkom – selfs as sy haar rug op hom draai.

God se aanvaarding is die krag wat ons van sonde vrymaak

God wou nie net gehad het dat Hosea leer van sy liefde vir sy mense nie. Hy wou gehad het dat Hosea self daardie soort liefde moet gee. Daarom sê God vir hom: gaan knoop weer ‘’n liefdesverhouding aan met ‘’n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg, net soos die Israeliete  vir wie Ek, die Here, lief het, ander gode aanhang en lief is vir rosyntjiekoeke (Hosea 3:1). Hy verwag dieselfde van ons.

Hy wil hê dat ons wat herhaaldelik sy uitgetrekte arms ervaar het, die uitgestrekte arms van Hosea moet word. In die evangelie kom aanvaarding eerste en verandering tweede. Net deur die warmte van aanvaarding kan ons die krag om te verander ervaar. Maar die Here sê vir ons: Gaan weer! Gaan weer.

Selfs dan sal die Gomers in jou lewe nie almal verander nie. Sommige Gomers verander nooit nie. Maar God se doel van die begin is dat jy moet verander van iemand wat totaal afhanklik van sy genade is na iemand wat sy genade uitdeel. God wil jou meer soos Hom maak

Jou situasie is nie so dramaties soos Hosea s’n nie. Ons almal het Gomers in ons lewens wat ons sleg behandel. God gebruik die Gomers in ons lewe om ons te leer om weer en weer na daardie mense te gaan, hulle te aanvaar en te vergewe en lief te hê – net soos Hy vir ons gedoen het.

 

image_pdfimage_print