God se woord is duidelik

image_pdfimage_print

“Your vocation in life is where your greatest joy meets the world’s greatest need.” ~ Frederick Buechner

God se woord is duidelik

Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Die Westminster Geloofsbelydenis sê aangaande die duidelikheid van die Skrif die volgende:

  • Sekere dele van die Skrif is duideliker as ander dele. Nie elke gedeelte het ‘n ooglopende, duidelike verklaring nie.
  • Die belangrikste dinge wat ons moet weet, glo en doen, is duidelik in die Skrif.
  • As ‘n noodsaaklike gedeelte nie duidelik genoeg in ‘n sekere gedeelte van die Skrif is nie, word dit elders duidelik gemaak.
  • Dit wat nodig is om ons verlossing te verstaan, kan selfs deur een sonder teologiese geleerdheid verstaan word – as hy van die gewone maniere van studie en leer gebruik maak. Geen spesialisvaardigheid is nodig nie.
  • Belangrike punte in die Skrif mag dalk nie volledig verstaan word nie, maar dit wat ons wel verstaan, is voldoende vir ons lewe en verlossing.

Gewone mense wat gewone maniere gebruik kan genoeg verstaan van dit wat ons nodig het om reg te lewe en verlos te word en om ‘n getroue Christen te wees.

Maar soos te verwagte is daar sekere besware teen die leer van die duidelikheid van die Skrif. Daarna kyk ons volgende keer.

image_pdfimage_print

You may also like...