Godsdiens in die skole

image_pdfimage_print

I have never heard of a sin being committed without knowing full well that I had the seed of it within myself. —Johann Wolfgang von Goethe

 

Godsdiens in die skole

Die Universiteit van Kalifornië erken nie meer InterVarsity op sy kampusse nie. Dit herinner ons aan ons debat oor godsdiens in skole. God is nie hierdeur onverhoeds betrap nie en ons behoort ook nie verbaas te wees nie. Die wêreld het nog nooit eintlik die rooi tapyt uitgerol vir die verkondiging van die evangelie nie. Beteken dit alles is nou verlore? Nee. Hier is vier redes waarom die Christelike geloof, ten spyte van al die hindernisse, tog sal seëvier:

 

  • God werk deur verhoudings. Dit gaan oor die verhouding met ‘n mede-skolier aan wie jy die liefde van Jesus Christus betoon. Dit word gekenmerk deur ‘n een-op-een Bybelstudie met iemand in wie jy belangstel. So ‘n beweging kan jy nie met reëls en regulasies beheer nie.
  • God se mense hou nie op praat nie. Petrus en Johannes staan voor die Joodse Raad en word beveel om nie verder in die Naam van Jesus iets te verkondig of te leer nie. Dan hulle antwoord: Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie (Handelinge 4:18 – 20). Die woord van God kan nie vasgebind word nie, want mense kan nie ophou om daarvan te praat nie. ‘n Verbod mag selfs mense inspireer om nog meer oor God te praat.
  • Die evangelie is kragtig en aanloklik.Mense wat ander liefhet en wat sy woord met liefde verkondig, sal sien dat mense reageer. Die evangelie is nie kragtiger omdat die spreker ‘n sekere status beklee nie of omdat bediening van sy woord amptelik deur die skool erken word nie. Die evangelie van God vir verlossing is kragtig. Punt. Dikwels lyk dit nog kragtiger as dit deur die owerhede teengestaan word.
  • Teenstand is God se spesialiteit. God het in die verlede sy krag in desperate omstandighede bewys. Sy koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. As daar geen oplossings is nie, tree God toe en los die probleem op.

 

Ons moenie wat nou moontlik mag gebeur as ‘n katastrofe vir sy koninkryk sien nie. Die Christelike geloof sal wen terwyl die wêreld nie eers daarvan bewus is nie.

 

image_pdfimage_print