Godsdienstige Pluralisme (3)

image_pdfimage_print

The heart will not long rejoice in what the mind knows is not true – Tom Trevethan

 

Godsdienstige Pluralisme (3)

Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.

 

Vandag gaan ons na informele pluralisme kyk.Informele pluraliste glo dat geen enkele godsdienstige perspektief of figuur normatief vir mense van alle godsdienste kan wees nie – elke godsdiens in geldig vir sy volgelinge. Omdat alle godsdienste aansprake op die waarheid maak wat van mekaar verskil, kan hulle tog nie almal waar wees nie. Die  mens het egter die behoefte om in iets groter as homself te vertrou. Daarom klou mense aan een of ander geestelike orde vas.

 

Informele pluralisme word deur sekere elemente gekenmerk:

          Godsdienstige verdraagsaamheid. Dit word gekenmerk deur die aanname dat alle godsdienstige paaie na dieselfde eindbestemming lei. Dit mag verskillende vorms aanneem: alle godsdienste leer basies dieselfde ding; alle godsdienste is op een of ander manier met dieselfde werklikheid verbind; alle godsdienste lewer dieselfde resultate.

          Godsdiens moet aan die sielkundige en sosiale behoeftes van die mense voldoen. As dit die doel van godsdiens is en godsdiens voldoen aan hierdie doel dan kan ons tog nie sê dat een godsdiens waar en die ander een vals is nie.

          Godsdienstige waarheid is ‘n metafoor. Godsdienstige waarhede verskil van die waarhede van die geskiedenis en die wetenskap. Eintlik is hulle kragtige simbole en beelde en hierdie simbole en waarhede moet nie as feite geïnterpreteer word nie.

          Opregtheid – wat belangrik is, is nie wat mense glo nie, maar dat hulle opreg is in wat hulle glo.

          Die ontoepaslikheid/onmoontlikheid om ander godsdienste te oordeel of te evalueer. Hierdie aanname kan verskillende vorms aanneem:om ander godsdienste te evalueer, is verkeerd; godsdiens behoort net volgens sy uitwendige morele vrugte beoordeel te word; of daar is geen objektiewe manier om godsdienste te evalueer nie – alle evaluerings is relatief.

Maar hoe moet ons op hierdie informele pluralisme reageer? Vooraf ‘n paar belangrike punte:

          Ons moet groei in ons verstaan van kontemporêre godsdienstige pluralisme – ons kan nie doeltreffend reageer op iets wat ons nie verstaan nie.

          Om doeltreffend te reageer moet ons die basiese verskille tussen godsdienstige tradisies verstaan:

  1. oWat leer die godsdiens oor die uiteindelike werklikheid?
  2. oWat leer die godsdiens oor die lot vanas hulle die dag sterf?
  3. oWatter universele probleem is dié uitdaging vir die mensdom?
  4. oWatter oplossing bied hierdie godsdiens vir hierdie probleem aan?

          Ons moet dikwels ons beginpunt aanpas. In plaas van begin by Jesus Christus as die enigste weg na God is dit dikwels beter  om die aanname van die pluralis, dat alle paaie na dieselfde bestemming lei, te hanteer. As hulle besef dat alle godsdienste nie terselfdertyd waar kan wees nie, is hulle meer geneig om die bewyse vir ‘n spesifieke godsdiens te oorweeg,

          Ons moet die evangelie in die raamwerk van die Bybel se storielyn aanbied. Sonder hierdie storielyn maak die inhoud van die evangelie nie sin vir persone wat Bybels ongeletterd is nie

          Hanteer pluraliste met vriendelikheid, deernis en respek.

Volgende keer gaan ons kyk hoe ons hierdie informele pluralisme moet hanteer.

image_pdfimage_print

You may also like...