Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (1)

image_pdfimage_print

The real measure of our wealth is how much we’d be worth if we lost all our money. —John Henry Jowett

Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (1)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Kan ek aan Jesus Christus behoort, maar los van die kerk staan? Volgens die Bybel is dit onmoontlik. Dit beteken nie dat as ek by die kerk aansluit ek ‘n Christen is nie.

As ek saam met Jesus Christus lewe, lewe ek saam met sy kinders. Ek kan nie ‘n dissipel van Jesus Christus wees sonder om my aan sy kinders/familie toe te wy nie. Ons lees tog dat die kerk die bruid en liggaam van Jesus Christus is. Hoe kan ons nou vir Jesus Christus liefhê sonder om ook sy bruid en liggaam lief te hê?

Kyk net na Saulus op pad na Damaskus om die Christene daar te vervolg. Daar sien hy ‘n helder lig en hoor ‘n stem: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Toe Saulus vra wie dit is wat praat, kom die antwoord: Ek is Jesus … Dit is vir My wat jy vervolg. Saulus vervolg die kerk, maar Jesus sê dat hy Hom vervolg.

Dit is baie duidelik dat daar ‘n baie noue verband tussen Jesus Christus en die kerk is. Maar wat is die kerk? Daarna kyk ons volgende keer.

image_pdfimage_print

You may also like...