Het ons ons godsdiens afgewater? Jesus Christus: my persoonlike Here en Verlosser

image_pdfimage_print

When Satan tells me I am a sinner he comforts me immeasurably, since Christ died for sinners. —Martin Luther

Het ons ons godsdiens afgewater? Jesus Christus: my persoonlike Here en Verlosser

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Ons hoor dikwels mense sê: Ek het besluit om Jesus Christus my persoonlike Here en Verlosser te maak. Is dit reg? Ons kan tog nie besluit om Hom Here te maak nie – Hy is reeds Here maak nie saak wat ons besluit nie.

Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig (Filippense 2:9 – 10).

Die vraag is nie of ons Hom ons persoonlike Heer gaan maak nie, maar of ons ons aan Hom gaan onderwerp – die knie voor Hom gaan buig. Die probleem is dat ons ons geloof herdefinieer om in te pas by ons voorkeure, tradisies en kultuurnorme. Ons verander Jesus Christus in iemand waarmee ons meer gemaklik is. Ons water dit wat Hy sê oor die prys om Hom te volg af; ons verontagsaam wat Hy sê oor mense wat weier om Hom te volg; ons ignoreer wat hy oor materialisme sê; ons hoor nie wat Hy oor roeping en sending sê nie … Ons kies waarvan ons hou. Ons eindig met ‘n aangename, aanvaarbare, polities korrekte, middelklas Jesus wat soos ons lyk en dink.

Die probleem is dat ons nie Jesus kan aanpas of herinterpreteer of verander nie, want Hy het Hom duidelik in sy Woord geopenbaar. Ons kan Hom nie verander nie – Hy verander ons. Jesus is nie ons persoonlike Here en Verlosser omdat ons Hom goedgekeur het nie – Hy is die Here en Verlosser van die heelal.

Ons het nou baie gepraat oor Jesus se opdrag om Hom te volg, maar wat van geloof. Daarna kyk ons volgende keer.

image_pdfimage_print

You may also like...