Hoe kry God jou aandag?

image_pdfimage_print

A hypocrite fools others while he lives, but he fools himself when he dies.” Thomas Watson

Hoe kry God jou aandag?

Mense verheerlik God deur heiligheid (R. C. Sproul). Die probleem is dat niemand God se heiligheid volmaak kan weerspieël nie. Basies beteken dit dat God praat en optree deur mense uit hulle opstandigheid wakker te maak. Hoe doen Hy dit? Hoe trek Hy ons aandag? Mense en omstandighede verskil en daarom gebruik God verskillende metodes.

Toe Dawid deur die profeet Natan gekonfronteer word, vertel die profeet vir hom ‘n verhaal en trek vir Dawid in die verhaal in (2 Samuel 12:1 – 15). Toe God die wet aan sy volk gegee het, het die berg gebewe en was dit in rook gehul (Eksodus 20). Ons kry ook die grond wat mense insluk (Numeri 26:10); kos wat uit die lug val (Eksodus 16); Elia wat God se stem in ‘n sagte fluistering hoor (1 Konings 19:2); ‘n donkie wat praat (Numeri 22:8); ens.

Ons kry ook stellings oor God se karakter wat heiligheid moet bevorder. Dit is God se goedheid en geduld wat ons tot belydenis lei. Dan het ons ook waarskuwings (Hebreërs 2, 4, 6, 10, 12). In Openbaring lees ons hoe dinge gaan eindig – Jesus oorwin en sy mense woon saam met Hom.

Dit is ‘n paar maniere van hoe God sonde konfronteer en heiligheid bevorder. Al hierdie los drade kom saam in een plek – die kruis van Jesus Christus. Die laaste Adam wen alles, en nog meer, terug wat die eerste Adam verloor het. Aan die kruis voltooi Jesus Christus die werk waarvoor Hy gestuur is: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees (2 Korintiërs 5:21).

Die hele Bybel wys vooruit na Jesus Christus (Lukas 24:27). Watter metode God ook al gebruik, verbind dit aan Golgota Daar word vir ons “onheiligheid” versoen en word ons ewige heiligheid verseker.

image_pdfimage_print