Hoe om te dien

image_pdfimage_print

 “Strategy never saved anyone. Only the gospel saves anyone.” – Thabiti Anyabwile

Hoe om te dien

Of as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien … Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien (Josua 24:15).

As ons praat van heiligmaking dink ons aan gebed, Bybelstudie en aanbidding. Christene besef nie dat diens  absoluut noodsaaklik is vir volwassenheid in Christus nie – vir heiligmaking nie. Ons oproep om dienaars van God te wees kry ons dwarsdeur die Bybel. God stuur vir Moses na die farao met die boodskap: Laat my volk gaan om my te dien (Eksodus 8:1). Paulus verwys gereeld na homself as ‘n dienaar (of slaaf) van God. Hoe dien ons God? Veral deur sy mense te dien. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees (Matteus 20:26).

 

 

Paulus maak dit baie duidelik dat gelowiges al die gawes het wat nodig is om die liggaam van Christus op te bou (1 Korintiërs 12:1 – 12). Ons vervul ons roeping slegs as ons ons gawes gebruik Sommige gawes is meer sigbaar as ander, maar God sien nie sekere gawes as inherent beter as ander nie.

 

Die apostels stel diakens aan om veral die Griekssprekende weduwees te bedien (Handelinge 6). Hulle doen dit nie omdat dit benede hulle was om die weduwees te bedien nie, maar omdat hulle primêre gawes gebed en bediening van die woord was. Diegene met “prominente” rolle in die plaaslike gemeente is nie groter in die oordeel van die Here nie – hulle het net verskillende gawes ontvang.

 

Jesus sê dat ons ons gawes moet gebruik, sodat ons die gemeente kan opbou. Mag ons nooit daarvan beskuldig word dat ons lui of onbetroubare dienaars is nie. Is jy ‘n getroue dienaar of laat jy die ander die werk doen – jy is ‘n toeskouer.

image_pdfimage_print

You may also like...