Hoe plant jy kerke?

image_pdfimage_print

 

Never value ability over character. Character eventually catches up. —Ed Stetzer

 

Hoe plant jy kerke?

Brett Andrews het in die 90’s New Life Christian Church geplant en sedertdien het hierdie kerk nog 80 ander kerke geplant. Hy erken dat hyself geen benul gehad het oor hoe om te werk te gaan nie. Die rede vir hulle sukses beskryf hulle as die vermoë om oop hande te hê.

 

Brett Andrews gee die volgende raad:

  1. Dit gaan nie oor jou nie

Dit gaan nie oor my nie; dit gaan daaroor dat jy God soek en gehoorsaam is aan sy roeping en sending.

 

  1. Lewe met oop hande

Jy ontvang geen seën van God as jou hande toe is en jy in vrees lewe nie. Dit herinner ons aan die Gelykenis van die Muntstukke (Matteus 25). Die slaaf wat net een muntstuk ontvang het, begrawe dit. Toe sy eienaar terugkom het hy allermins ‘n skrobbering verwag. Hy was bang: ek ken u en weet dat u ‘n harde man is. Die eienaar reageer: Jy is ‘n slegte en ‘n lui slaaf! Doen ons nie dieselfde nie? Ons dink ons ken God, maar ons vertrou Hom nie, want ons ken Hom nie werklik nie. Ons hou aan ons goed vas asof dit ons s’n is om aan vas te hou. Ons begrawe dit. Maak jou hande oop en stel dit wat God jou gegee het, vry.

 

  1. ‘n Voorkeur vir optrede

Ons moet ‘n voorkeur of liiefde vir optrede hê. Dit is die teenoorgestelde van jou muntstuk begrawe. Dit is een ding om te dink aan wat God wil hê dat jy moet doen, maar dit is iets anders om in gehoorsaamheid op te tree – vandag. Ons woon konferensies by, ons lees boeke – dit is maklik. Dit is iets anders om met moed op te tree en as ek misluk iets daaruit te leer en God toe te laat om my vorentoe te beweeg. Kyk weer na die gelykenis van die muntstukke. Wat sê die einaar vir hulle? Wat moet hulle doen? Hy sê niks nie; hy gee net die muntstukke vir hulle. Hy verwag dat hulle kreatief moet wees; hy verwag dat hulle iets met die muntstukke sal doen.

 

Dit is belangrik om met oop hande te lewe, want dit is die kern van wat van ‘n gestuurde kerk verwag word. Dit is belangrik vir ‘n kerkplanter, maar ook vir elke gelowige – jy kan nie jou kruis optel en Hom elke dag volg as jou hande toe is nie. Dit is net as ons oop en kwesbaar is dat ons ‘n impak kan maak.

 

image_pdfimage_print