Hoe word ek wys? (2)

image_pdfimage_print

Hoe word ek wys? (2)

Loop jy liewer die pad van die goeie mense, bly op die paaie van die regverdiges, want die opregtes sal die land bly bewoon, dié wat onberispelik leef, sal ongehinderd gelaat word, maar slegte mense sal weggevee word uit die land, bedrieërs sal uitgeroei word (Spreuke 2;20 -22).

As Spreuke van regverdiges en goddeloses praat dink ons aan sedelik en onsedelik. Die Hebreeuse woorde vir regverdig beteken meer as net dit – dit het ook ‘n sterk sosiale aspek. Bruce Waltke skryf “The righteous are willing to disadvantage themselves to advantage the community; the wicked are willing to disadvantage the community to advantage themselves.”

 

Die regverdige sê dat baie wat hy het aan die mense om hom behoort, want alles kom van God en Hy wil hê dat ek my buurman moet liefhê. Die goddelose sê: “Dit is my goed. Ek kan daarmee maak wat ek wil.” Om ‘n regverdige lewe te leef, beteken nie net dat jy persoonlik moreel lee nie, maar dat jy ook aan sosiale geregtigheid toegewy is. Dit wys jou na die Een wat nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien (Markus 10;45).

 

Op watter manier benadeel jy jouself, in tyd en geld, vir die beswil van die gemeenskap? Jy het jou geld verdien deur geleenthede wat almal van God af kom. Help my om te sien dat my geld, tyd en sosiale verbindings aan my gegee is vir die beswil van die gemeenskap om my. Dit is moeilik, want ons kultuur lat my dink ek is arm en skuld niemand iets nie Ag Here, moenie dat ek dit lo nie.

 

image_pdfimage_print