Hoe lees ek my Bybel?

image_pdfimage_print

Hoe lees ek my Bybel?

As ek die Bybel wil lees, moet ek die groot prentjie sien. Dit is baie moeilik om vir jou kinders ‘n huis te bou sonder enige planne. Volg die instruksies. Net so, as ons die Bybel lees, moet ons die oorkoepelende verhaal in gedagte hou. Dan sal ons die besonderhede beter verstaan. Waaroor gaan die Bybel? Vir so ‘’n groot boek geskryf oor soveel jare is dit eenvoudiger as wat ons dink.

 

Van Genesis tot by Openbaring is die Bybel die verhaal van God se verlossing Dit gaan oor die Persoon en werk van Jesus Christus. Hy is gestuur om die slang se kop te vermorsel. Die Bybel skets God se reddingsending in verhaal na verhaal- in gelykenisse, gedigte en profesieë. Die verhaal van God wat ons red, is versprei oor elke blad van beide Testamente. Elke gedeelte word vervul in die woorde en werk van Jesus Christus. God, die Vader, stuur sy enigste Seun om te doen wat niemand in die geskiedenis kon doen nie: nie Adam of Israel of een van ons nie.

 

Ons almal het op een of ander manier misluk om God en ons naaste lief te hê soos Hy van ons verwag. Jesus het nooit hierin misluk nie Hy het gedoen presies dit waarvoor God Hom gestuur het – sodat ons met Hom sal leef – nou en vir ewig. Die Bybel gaan oor Jesus.

 

So maklik as wat dit is om te ontdek dat Jesus die hoofkarakter van die hele Bybel is, net so maklik is dit om op ‘’n syspoor te beland en te vergeet waaroor – eintlik oor Wie- die verhaal gaan. Kerke kan afdwaal en baie interessante onderwerpe bespreek wat nie noodwendig ons liefde vir Jesus vermeerder nie. As kerke nie die Jesus van die Bybel verkondig nie, lees hulle in werklikheid nie meer die Bybel nie. Dit is nie doelbewus nie, maar as gevolg van ons sonde lees ons onsself in plaas van Jesus in die verhaal in. Die Bybel is so vol van Jesus dat dit moeilik is om Hom te vermy. Ons wil so graag die Bybel alles oor onsself maak. Die Bybel is eerstens die verhaal van Jesus voordat dit ons verhaal kan word. As ons die Bybel eerstens die verhaal van onsself maak, kan ons baie maklik vir Jesus en onsself verloor. C.S. Lewis sê: “Put first things first and we get second things thrown in: put second things first and we lose both first and second things.” As jy weer jou Bybel lees fokus jou oë op Jesus, die Begin en voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2)

 

 

 

image_pdfimage_print