Hoop as ek swaarkry

image_pdfimage_print

The purpose of life is the quest for truth – Daniel Thrapp

Hoop as ek swaarkry

Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.

 

1Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie. 2Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het. 3Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees. 4As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.”

 

5Die Een wat op die troon sit, sê toe: “Kyk mooi, Ek maak alles nuut!” Verder sê Hy: “Skryf dit neer. Hierdie woorde kan mense maar glo, want dit is waar! Wat Ek gesê het, het gebeur.  (Openbaring 21:1 – 5 – Die Boodskap).

Die oomblik as ek my hoop verloor, word my lyding ondraaglik. Hier, reg aan die einde van die Bybel, kry ons dié finale hoop. Johannes skryf hier vir mense wat huil, hartseer is en pyn ondervind – wat slegte dinge ondervind. Ons weet dat toe Johannes Openbaring geskryf het aan die einde van die eerste eeu is die Christene erg vervolg. Johannes gee aan hulle nuwe hoop – ‘n splinternuwe hemel en aarde. Daarom kon die Christene die vervolging en lyding aanvaar en hanteer. Dit was so opmerklik dat die mense wat die Christene sien ly en sterf het, besef het hierdie mense het iets wat hulle nie gehad het nie – lewende hoop.

 Hoe ek nou leef, word bepaal deur wat ek oor die toekoms glo. Glo ek dat hierdie lewe wat ek nou leef al vreugde is wat ek gaan beleef? Dit is een manier om oor die toekoms te dink. Daar is egter ook ‘n tweede manier. Glo en aan die splinternuwe hemel en aarde? Glo ek dat by die oordeelsdag elke bose daad en elke ongeregtigheid reggestel sal word?4As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.” Glo ek in ‘n toekoms van eindelose vreugde? Wat ek oor die toekoms glo, bepaal hoe ek my lyding vandag gaan hanteer.

 In die VSA het die slawe die sogenaamde spirituals gebruik om hulle swaarkry te hanteer. Geen onderdrukking kon hulle hoop blus nie. Hulle hoop het vasgestaan, want hulle het geglo dat God se beloftes nie net simbolies is nie – dit is ‘n werklikheid.

 Ek het ook dinge wat my soms plat druk. Die groot waarheid van die vroeë Christene se hoop is steeds daar – dit is ook my hoop. Hoe weet ek hierdie toekoms is ook vir my? Ek kan seker daarvan wees as ek in Jesus Christus glo.

image_pdfimage_print

You may also like...