Invloed: goed of sleg

image_pdfimage_print

In what prison could any of us be more straitly shut up than in our own unbelief? — John Calvin

 

Invloed: goed of sleg

Almal het invloed. Almal beïnvloed iemand anders. God verwag dat ons baie goeie rentmeesters van daardie invloed moet wees – vir sy koninkryk. Hy gee nie aan ons invloed vir selfsugtige doeleindes nie, maar sodat ons die Goeie Nuus oor Hom kan versprei. God verwag van ons om koninkryksbouers te wees. Maar wat is ‘n koninkryksbouer?

  • Hy het ‘n groot doel om voor te lewe. Christene het dié grootste doel van almal – om mense na Jesus toe te bring. Koninkryksbouers is toegewy aan die Groot Opdrag en die Groot Gebod.
  • Hy leef volgens baie belangrike beginsels. Hy trek sy wysheid uit ‘n ander Bron as ander – God se ewige waarheid soos in die Bybel geopenbaar.
  • Hy leef in groot krag. Dit is die krag van die inwonende Heilige Gees wat hom elke tree van die pad lei.
  • Hy leef saam met groot mense. Hy is deel van die geloofsgemeenskap. Daar word hy bemoedig en daar word hy aanspreeklik gehou.

 

 

Maar hoe moet ons ons invloed as Koninkryksbouer gebruik?

  • Almal het invloed. Wat jy met jou invloed doen, gaan bepaal of jou invloed groei of nie. Maar wat is invloed nie?

       Dit is nie ‘n posisie nie

       Dit is nie gesag nie

       Dit is nie roem nie

       Dit is nie rykdom nie.

Jy kan hierdie almal hê en tog geen invloed hê nie.

 

  • God verwag van my om die invloed wat Hy vir my gegee het, te gebruik. Hoe meer jy jou invloed gebruik, hoe meer groei dit. Maar dit vereis moed. Jy moet uit jou gemaksone kom; praat selfs al word jy geïntimideer; ander dien al voel jy nie lus om dit te doen nie. Jesus het ons uitgedaag om ons lig te laat skyn; om soos sout te wees wat behou en smaak gee aan die wêreld om ons. Jy moet besluit om jou invloed te gebruik.
  • My invloed is tot voordeel van ander. God gee nie aan my invloed om my ryk en beroemd te maak nie. God gee aan jou invloed, want Hy gebruik mense om ander te help. Die seëninge van jou invloed is nie vir jou om te gebruik nie, maar om te deel.
  • Ek beïnvloed nie alleen vir hulle nie; hulle beïnvloed vir my. Nie alleen beïnvloed ons ander nie, maar ons word deur ander ook beïnvloed. Maar soos Lot kan ons ook geheg aan die waardes van die kultuur waarin ons leef word en soos Lot  misluk om ander te beïnvloed.
  • Die doel van invloed is om te praat namens diegene wat geen invloed het nie. Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm, laat hy armes te hulp kom en verdruktes verbrysel (Psalm 72:4). Leiers moet hulle invloed gebruik ten behoewe van diegene wat nie self baie invloed het nie – die armes, die haweloses, wese, die weduwees, ens.
  • Ek sal aan God verantwoording moet doen oor hoe ek my invloed gebruik het. Wat ek met my invloed in die tydelike wêreld doen, het ewigheidsbetekenis. God gaan vir elkeen van ons vra: “Wat het jy met die tyd, hulpbronne en invloed wat ek vir jou gegee het, gedoen?”

 

Ons moet die wêreld beïnvloed met die oog op die volgende wêreld Dit is ons roeping as koninkryksbouers.

 

image_pdfimage_print