Jesus is volmaak gehoorsaam vir ons

image_pdfimage_print

“There comes a time when one must take a position that is neither safe, nor politic, nor popular, but he must take it because conscience tells him it is right.” – Martin Luther King, Jr.

Jesus is volmaak gehoorsaam vir ons

In Matteus 26 lees ons van Jesus in Getsemane. Ons lees dat Jesus bedroef en beangs was: Ek voel doodsbenoud. Hoekom is Hy so oorweldig? Hy moes die lydensbeker drink. Om die beker te drink in antieke tye is eintlik ‘n teken dat jou dood geregverdig is. Sokrates het die gifbeker gedrink. Jesus weet dat Hy tereggestel gaan word, maar Hy Hy weet dit sal meer as net die fisiese marteling en dood behels – Hy gaan ook die volle toorn van God ondervind. Wat is hierdie toorn van God? God se afwesigheid. Daarom roep Jesus aan die kruis uit: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Ons sal nooit soortgelyke lyding ondervind nie. Help hierdie verhaal ons?

 

  • Jesus is die model van integriteit. Hy is alleen; dit is donker; niemand kyk nie. Jesus word geroep om die moeilikste ding te doen. Hy doen steeds die regte ding. Is ons dieselfde persone in die donkerte as in die lig, as ons tussen ander mense of alleen is.
  • Jesus se gebed moet as model vir ons dien. Jesus is baie eerlik oor sy begeertes en gevoelens: Laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Maar dan voeg Hy by: Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil. Die basiese doel van gebed is nie om God se wil te buig na my wil nie. Ek moenie my gevoelens in my gebede onderdruk nie, maar my gevoelens mag my nie beheer nie.
  • Jesus se oneindige geduld met mense. Drie keer kom Hy na sy dissipels terug en kry hulle aan die slaap. Hy veroordeel hulle nie – Hy maak eintlik vir hulle verskoning: Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.

Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste liefgehad (Johannes 13:1).

image_pdfimage_print