Laat sy Liefde jou Lei: Die dinge wat ons vergeet

image_pdfimage_print

Laat sy Liefde jou Lei: Die dinge wat ons vergeet – Milanie Vosloo

Die dinge wat ons vergeet

Hulle het gou-gou vergeet hoe vol liefde en goedheid U is. Psalm 106:7b

Sommige vergeetdinge is nie ernstig nie. Ons kan dit altyd weer doen, weer opspoor of weer regmaak. Ander dinge veroorsaak egter krisisse, probleme en maak ons diep ongelukkig. Soos wanneer ons vergeet hoe groot ons God is! Wanneer ons op onsself fokus, dinge op óns tyd en óns manier doen en glo dat ons sélf ons probleme kan oplos, is ons op ‘n ernstige vergeet-koers.

Nouja, dit maak nie saak op watter plek van jou woestynreis jy is nie, dit sal jou goed doen om vandag net weer te onthou hoe:

  • oneindig groot God is: Hy hou die hele heelal met sy biljoene sterrestelsels soos ‘n speelballetjie in sy hand. Dink jy vir een oomblik Hy is nie in staat om jou probleme op te los nie?;
  • ongelooflik goed die Vader vir jou is: Onthou jy hoeveel keer Hy al vir jou op wonderbaarlike maniere gehelp, gedra en geseën het?
  • rotsvas die Here se trou is: Het God jou al ooit in die steek laat? Nee, jou dierbare Heer het, getrou aan sy Woord, nog elkeen van sy beloftes tot die dood toe nagekom!

Maak vandag weer erns om werklik te onthou hoe groot, goed en getrou jou hemelse Vader is en gaan leef dan met die oortuiging dat God jou op die pad sal lei wat vir jou die heel beste in die wêreld is.

Ek weet U is met my op pad, Vader. En ek volg U blindelings!

 

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning.

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za 

 

Skrywer: Milanie Vosloo

image_pdfimage_print

You may also like...