Leef eenvoudiger; gee vrygewiger

image_pdfimage_print

 

I used to ask God to help me. Then I asked if I might help Him. I ended up by asking God to do His work though me —Hudson Taylor

Leef eenvoudiger; gee vrygewiger

Live simply that others may simply live

Dit gaan nie hier om “nee” te sê vir geld en dinge nie, maar om “ja” vir God te sê. Daar is duisende maniere om eenvoudiger te leef. Maar hoekom sal ek nou eenvoudiger wil leef? Randy Alcorn gee vir ons ‘n paar redes:

  • Ons moet eenvoudiger lewe en vrygewiger gee, want die hemel is ons tuiste

Ons is nie vrygewig nie, want ons glo dat hierdie wêreld ons tuiste is. Ons tyd op aarde is maar kort. Dit is beter om ons skatte na ons uiteindelike tuiste te stuur as om die hier op te gaar.

 

  • Ons moet eenvoudiger lewe en vrygewiger gee, want dit maak ons vry

Om te gee, sal ‘n revolusie in ons lewe veroorsaak, want ons sal besef dat die lewe nie draai om die aardse dinge nie. Die lewe draai nie om huise en karre en dinge nie. Om te gee en daarom eenvoudiger te lewe, beteken ons breek uit die wentelbaan van geld.. Ons het nou ‘n nuwe swaartekragsentrum: God.

 

  • Ons moet eenvoudiger lewe en vrygewiger gee, want ons is God se pyplyn

Christene is God se afleweringsbodes. God doen sy aflewerings aan behoeftige mense deur Christene. Ons is God se pyplyn van genade aan ander mense. As Christene dit nie doen nie, staak alle aflewerings. Luister hierna: Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word (2 Korintiërs 9:11).

 

  • Ons moet eenvoudiger lewe en vrygewiger gee, weens die beloning wat ons in die hemel sal ontvang en die vreugde wat dit vir ons sal bring

Die basiese vraag is: Waar vergader ek my skatte? In sy bergrede sê Jesus: Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en war diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees (Matteus 6:19 – 21).

 

  • Ons moet eenvoudiger lewe en vrygewiger gee as gevolg van die ernstige geestelike behoeftes van hierdie wêreld

As God mense wat swaarkry wou help, wat sou Hy in die hande van sy afleweringsbodes plaas? Rykdom in die hande van sy mense om na daardie mense uit te reik en in hulle behoeftes te voorsien. Het Hy dit nie gedoen nie? Tog is daar feitlik 3 biljoen mense in hierdie wêreld wat nog nooit van God gehoor het nie. Kerke kla dat hulle nie die nodige fondse het om na hierdie mense uit te reik nie.

 

  • Ons moet eenvoudiger lewe en vrygewiger gee as gevolg van die wêreld se ernstige fisiese behoeftes.

Een van hulle, met die naam Agabus, is deur die Gees gelei om te voorspel dat ‘n groot hongersnood die hele wêreld sou tref. Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur. Die gelowiges het toe besluit dat elkeen na sy vermoë sou bydra tot ‘n hulpfonds wat vir hulle medegelowiges wat in Judea woon, gestuur sou word. Hulle het dit gedoen en die geld met Barnabas en Saulus aan die ouderlinge in Jerusalem gestuur (Handelinge 11:28 – 30)

Hier sien ons die Bybelse patroon van gee: sien ‘n behoefte; gee om dit te hanteer. Dit is waarna Paulus in 2 Korintiërs 8:14 verwys: Moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.

 

Gee ons genoeg of spandeer ons te veel aan ‘n uitspattige lewenswyse?

 

 

image_pdfimage_print