Mag ek in die sekulêre wêreld werk?

image_pdfimage_print

 

You don’t need permission to make a difference – Martin Luther King, Jr

 

Mag ek in die sekulêre wêreld werk?

Werk wat God tevrede stel, moet eerlik en wettig wees. Gelowiges kan nie werk doen wat vereis dat ons sonde doen nie, maar ons kan tog nie elke Christelike invloed uit die sekulêre wêreld verwyder nie. Dissipels moet weet hoe om met integriteit op te tree – ook in die sekulêre wêreld.

 

Die farao’s van Egipte was outokrate; hulle is beskou as gode en die mense het hulle aanbid. Toe een farao droom van sewe maer koeie wat sewe vet koeie opeet, interpreteer Josef die droom. Hy werk vir die farao ‘n plan uit oor hoe om die sewe jare van hongersnood te oorleef. Die farao was so beïndruk dat hy vir Josef oor sy paleis aangestel het. Josef dien ‘n goddelose heerser en God wys hom nie tereg nie.

 

Ongeveer 400 jaar later weier Moses om ‘n ander farao te dien. Moses was ‘n Jood, maar farao se dogter het hom aangeneem. Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. Hy het verkies om liewer sleg behandel te word, saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van die sonde te hê. Die smaad ter wille  wille van die Christus het hy ‘n groter rykdom geag as die skatte van Egipte (Hebreërs 11:24 – 27). Moses weier om vir die farao te werk, want hy het ‘n ander roeping gehad – hy moes Israel uit Egipte lei.

 

Beteken hierdie verhale van Josef en Moses dat gelowiges, afhangende van omstandighede, kan besluit of hulle vir ‘n sekulêre baas wil werk of nie? in 2 Konings 18 sien ons selfs dat twee van God se dienaars aan teenoorgestelde kante staan. Agab was ‘n bose koning Elia dien God deur teen Agab te staan. Obadja, daarenteen, dien God deur binne in Agab se huishouding te bly Obadja steek die profete weg en gee vir hulle kos en water.

 

Die twee profete het verskillende roepings gehad: Elia skreeu oordeel van buite; Obadja werk stilweg binne die koning se hof. Beide  respekteer die ander een se roeping; hulle bevraagteken nie mekaar nie; elkeen ken sy rol. Die les is duidelik: as Obadja vir Agab kon werk, kan gelowiges vir enigeen werk as hulle die verkeerde kan beperk en geregtigheid bevorder.

 

As gelowiges alle kontak met onsedelike mense wil vermy, moet hulle hulle uit die wêreld onttrek – iets wat beide Jesus en Paulus verbied. Ek moet egter gereeld vra: dien ek my Koning? As konflik tussen die wêreld en God ontstaan, staan ek by my beginsels al mag dit beteken dat ek my werk mag verloor? Wat motiveer my – vrees vir die menings van mense of liefde vir God en my naaste? Jesus het in God se wêreld met al sy gebrokenheid en sonde gekom om dit te verlos.

 

 

 

image_pdfimage_print