Merkers vir dissipelskap

image_pdfimage_print

 

Better to be in trouble with Christ, than in peace without him.” Richard Sibbes

 

Merkers vir dissipelskap

Daar is ‘n tekort aan dissipels in alle gemeentes. Tog het Jesus aan ons die opdrag gegee om dissipels te maak. Daar is baie suksesvolle modelle, maar die basiese vraag is: Hoe kan ons dissipels maak net hier waar ons is?

 

As ons saamstem dat geestelike volwassenheid die doel vir dissipels is, hoe kan ons dit bereik? ‘n Begeerte vir geestelike groei is noodsaaklik vir die gelowige, maar dit is nie genoeg nie. Hulle moet ‘n pad loop. As ons net hoop dat dissipels hulle pad deur die geestelike oerwoud sal kry, bluf ons onsself. Daar is baie afleidings en strikke. Leiers moet soms inspring en ‘n pad oopkap; ander, soos Paulus, het reeds ‘n pad oopgekap. Ons moet net bereid wees om by sy proses te leer.

 

Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God (Kolossense 1:9 – 10). In hierdie pad noem Paulus drie betekenisvolle dinge.

  1. Ken

Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken. Ons kan mense die hele dag lank vertel dat hulle meer soos Jesus moet wees, maar as hulle Hom nie ken nie, kan hulle nie soos Hy wees nie. Ons moet die Bybel gereeld lees: U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad (Psalm 119:105). Gemeenteleiers moet die woord dra – onderrig en mentors wees. Om feite in die Bybel te leer, sal nie van jou ‘n Christen maak nie, maar as ons die lig van die Skrif ignoreer sal ons nie op die pad van geestelike ontwikkeling kan bly nie.

 

  1. Wees

Ons leer sodat ons kan wees – ons moet toenemend wees wie ons in Christus is. As ons saam met Hom loop, word ons gevorm om meer soos Hy te wees. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe (Romeine 12:2). Ons kan nie vir God tevrede stel deur ons eie pad te loop nie. Ons moet die geestelike pad loop.

 

  1. Doen

As ek weet wie ek in Christus is en as ek dan sy pad loop, lei dit tot die doen van die werk van God. Ons moet geestelik produseer. Mag julle vrugte dra deur goeie werke is ‘n aanduiding van ontwikkeling. Ons word nie verlos deur goeie werke te doen nie, maar as ons dissipels is, sal ons onvermydelik die werk van dissipels doen – ons sal vrugte dra. As ek vrugte dra, stal ek Christus se teenwoordigheid uit – Hy is die wingerstok en ons is die lote. Vrugte is ‘n teken dat ‘n boom volwasse word; vrugte in die lewe van ‘n gelowige dui op groei.

 

Ons word nie “per ongeluk” dissipels nie. God gee nuwe lewe in Christus. Dissipels leer dan om te weet, te wees en te doen wat die Christelike lewe is.

 

 

image_pdfimage_print