‘n Paar eenvoudige stories

image_pdfimage_print

 

It has never been quite enough to say that God is in the heaven and all is right with the world, since the rumor is that God had left the heaven to set it right – G K Chesterton

 

‘n Paar eenvoudige stories

  • Jy is ‘n prinses

Die skrywer George MacDonald het graag oor prinse en prinsesse geskryf. Toe iemand hom vra waarom hy altyd oor prinsesse skryf, antwoord hy: “Want elke meisie is ‘n prinses.”

 

Die vraesteller was verward:  “Dit is tog nie waar nie – elke meisie kan tog nie ‘n prinses wees nie.”

MacDonald vra hom: “Wat is ‘n prinses?”

Die man antwoord: “Die dogter van ‘n koning.”

MacDonald: “Reg. Daarom is elke meisie ‘n prinses. Alle meisies is die dogters van die Koning.”

 

  • Jesus verander die sitplekplan

Die Didascalia Apostolorum was ‘n vroeë kerkgeskrif. Daarin kry die biskop die opdrag om nie die diens te onderbreek net om ‘n ryk of belangrike man wat laat kom, te verwelkom nie. Maar as ‘n arm man of vrou die diens laat inkom, moet die biskop alles in sy vermoë doen om die arm persoon welkom te laat voel. Dit mag selfs beteken dat die biskop sy eie sitplek verloor en op die grond moes sit. Jesus kom en verander die hele sitplekplan.

 

  • John Newton

John Newton was die kaptein van ‘n slaweskip. Hy koop en verkoop mense wat gevang is. Die matrose was wreed, want slawe het geen waardigheid gehad nie. Newton se lewe was gekenmerk deur dobbel en drink. Op ‘n stadium oor weeg hy selfmoord, maar kom toe tot bekering. Hy word ‘n Anglikaanse priester en skryf: Amazing grace, how sweet the sound that saves a wretch like me.

 

  • Johann Sebastian Bach

Luther het ‘n baie sterk invloed op Bach gehad. Bach het elkeen van sy werke begin met JJ. Dit staan vir  Jesu, Jusa – Jesus help my. Aan die einde van elke werk skryf hy drie letters – SDG. Dit beteken Soli Deo gloria – aan God al die eer.

 

  • George Frideric Handel

George Frideric Handel is dieselfde jaar as Bach gebore. By sy suster se begrafnis was die onderwerp van die preek: Ek weet my Verlosser leef. Dit word een van Handel se beroemdste arias.

 

image_pdfimage_print