NEHEMIA – MOTIVERING (2)

image_pdfimage_print

“I’d rather be able to pray than to be a great preacher; Jesus Christ never taught his disciples how to preach but only how to pray.” ~ D.L. Moody

 

Nehemia – Motivering (2)

Daar is al heelwat boeke oor Nehemia as leier geskryf. Nou het nog ‘n nuwe boek verskyn: Leader after God’s own Heart deur Jim George (2012). Kom ons kyk na sekere aspekte van Nehemia se leierskap.

 

Kenmerk #6: Motivering

 

Dek die tafel – voorbereiding

Susa na Jerusalem is 1400 kilometers – ten minste 2 tot 3 maande se reistyd. Die koning het soldate vir hom gegee om sy geselskap te beskerm; hy moes aan die goewerneurs van die provinsies waardeur hy gereis het die koning se briewe wys. Dit alles het Nehemia gereël voordat hy vertrek het.

In Jerusalem dink die mense net aan oorlewing – niemand kom na vore om die werk te doen nie. Nog slegte nuus: Sanballat …  en Tobija … het dit as ‘n groot ramp beskou dat daar iemand gekom het wat iets goeds vir die Israeliete wou doen (2:10).

 

Neem beheer

 As die nuwe leier inkom en links en regs hiet en gebied, gaan iemand seerkry. Nehemia was nuut; hy moes beheer oorneem. Hy kon sterk optree – hy het immers die koning se soldate, die koning se toestemming, die koning se hulpbronne. Stap in en neem oor.

 

Nehemia besef dat hy sy mense moet oortuig dat dit God is wat hom lei. Dit kon hy alleen doen deur persoonlike navorsing en beplanning. Drie dae lank is hy in Jerusalem – hy bid , hy dink en hy leer van die mense ken. Hy werf ‘n paar manne wat hy kon vertrou en ondersoek die mure – hy ontleed die probleme wat voorlê. Hy ondersoek die muur reg rondom Jerusalem. Hoekom doen hy dit in die nag? Hy wou seker verhoed dat ander sy planne antisipeer voordat hy seker is van wat hy moet doen.

 

Word ‘n agent vir verandering

Hy weet wat hy wil doen – hy het die inligting wat hy nodig het. Nou moet hy sy mense motiveer. Geskiedkundiges glo dat die muur ongeveer 8 kilometer lank was. Mense wil ontspan en rus; mense verkies die status quo; mense hou nie van verandering nie; mense hou nie van ontwrigting nie – veral as ons nie ‘n duidelike rede sien om te verander nie. Nehemia moes eers die mense ontevrede met die status quo maak – hulle moes besef dat hulle huidige situasie sleg was. Mense moet self besef dat verandering nodig is.

 

Motivering begin by jou

Jy kan nie ‘n ander man se hart aan die brand kry as die vuur in jou eie hart nie eers aangesteek is nie. Jy moet eers begin beweeg voor ander sal beweeg. Daar is geen groei in die status quo nie. Dit mag maklik en gemaklik wees, maar algaande gaan jy agteruit. Jou potensiaal verloor momentum Jy moet eers jouself uitdaag en motiveer. ‘n Uitdaging laat jou groei; dit toets jou vaardighede en slyp jou potensiaal. Nehemia vra nie vir die mense om iets te doen wat hy nie self bereid was om te doen nie. Hy was bereid om die uitdaging te aanvaar en langs hulle te werk. Hy lei die veranderinge – een uitdaging op ‘n slag.

 

Daag die mense uit

Daar is drie soorte mense in die wêreld: diegene wat nie weet wat gebeur nie; diegene wat kyk wat is besig om te gebeur; diegene wat dinge laat gebeur. Hy het die mure verken; hy het ‘n plan om die taak te voltooi. Nou moes hy vir die mense sê hoekom hy in Jerusalem is. Hy kry al die mense bymekaar en vertel vir hulle wat sy plan is. Kyk na sy benadering teenoor skeptiese mense wat moed verloor het.

  • §Hy identifiseer met sy mense. Hy sê nie vir hulle dat hy sal kyk terwyl hulle die werk doen nie. Hy sê: Julle sien self die benarde toestand waarin ons sit … Kom ons herbou die muur …

 (2:17).

  • §Hy definieer die probleem. Dikwels is mense ongemotiveerd, want hulle verstaan nie die probleme nie. Hierdie mense leef immers al 90 jaar in hierdie benarde toestand. Hulle is heeltemal apaties oor die toestande in Jerusalem. Nehemia besef dat hy hulle sal moet skok. Hy verwys na die benarde toestand waarin hulle verkeer: Jerusalem lê in puin en sy poorte is verbrand.
  • §Hy ontwikkel die plan. Dikwels is die beste plan die eenvoudigste plan. Hy kom nie met ‘n gedetailleerde bloudruk nie – hy fokus op die eindresultaat: Kom ons herbou die muur van Jerusalem.
  • §Beskryf die doel. Hoekom moet hulle dit doen? Dat die vernedering nie langer op ons rus nie. Hulle bure kyk na hierdie patetiese situasie met minagting – nie alleen na die Jode nie, maar ook hulle God. Hy maak aanspraak op hulle nasionalistiese en godsdienstige ywer.
  • §Hy beskryf die mag. Hy versterk sy uitdaging met twee verdere feite: God het sy kragtige en goeie hand oor hom gehou en sal by hulle bly; hy tree op namens die kragtigste ryk van destyds – die koning van Persië.

Dat Nehemia geslaag het, is duidelik: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak (2:18).

 

image_pdfimage_print

You may also like...