Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (2)

image_pdfimage_print

No other God have I but Thee,

Born in a manger, died on a tree.

Martin Luther

Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (2)

[Ek maak onder andere van Timothy Keller se boek Encounters with Jesus gebruik.]

In die Johannes-evangelie lees ons van ‘n hele aantal ontmoetings wat Jesus met individue gehad het. In hulle antwoord Hy van die groot lewensvrae. Hier gaan dit oor Jesus se ontmoeting met Marta en Maria. Die vraag wat ons uit hierdie ontmoeting  gaan antwoord, is: Wie of wat kan die wêreld weer regstel?

Mense sukkel om te glo dat Jesus waarlik God is. Hulle erken dat Jesus uniek was, dat Hy ‘n uitsonderlike Leermeester was, dat Hy ‘n wysheidsleraar was, ens. Maar Jesus eis van elkeen ‘n radikale reaksie. Moontlikhede is:

  • Hy was ‘n bedrieër. Al Jesus se vroeë volgelinge was Jode. Die Jode se siening van God was so verhewe dat hulle nie eers sy Naam wou sê of skryf nie. Enige voorstel dat God swak vlees en bloed kon wees, sou hulle onmiddellik verwerp het. Die idees van God-mens het nooit by die Jode opgekom nie.
  • Hy was verstandelik versteur. Daar was sulke mense wat beweer het dat hulle God was, maar hulle het gewoonlik net ‘n klein groepie aanhangers gehad. Jy kan nie mense oortuig dat jy God is as jy die normale menslike tekortkominge van die mense het nie – dinge soos selfsug, trots, oneerlikheid … Daar is altyd mense wat na genoeg aan so ‘n aanspraakmaker leef om deur Hom te sien.
  • Hy was eg – aanbid Hom as God. Kort na sy dood was daar ‘n groep mense wat Jesus as God begin aanbid het. Hierdie groep het vinnig gegroei.

Wat ons nie kan doen, is om iewers tussenin ‘n antwoord te probeer soek nie. Elkeen van ons moet op sy aansprake reageer. Kort na sy dood het mense reeds aanvaar dat Hy Goddelik was – dit is nie iets wat eers lank na sy dood gebeur het nie. Twee dekades na sy dood skryf Paulus in Filippense 2:5 – 11:

5Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel. Laat ek verduidelik wat ek bedoel.

6Jesus staan in status op gelyke voet met God. Hy was egter nie so vol van Homself dat Hy tot elke prys aan dié status wou vasklou nie. 7Toe die tyd ryp was, het Hy die status en eer wat Hy gehad het eenkant toe geskuif. Hy het ’n mens tussen mense geword. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy sommer ’n gewone mens geword wat op die oog af nie uitsonderlik gelyk het nie, ja, iemand van wie baie ander mense niks gedink het nie. 8As mens onder mense het Hy die pad van vernedering nog verder geloop. Dit sou Hom uiteindelik by die dood aan die kruis uitbring. Wat ’n vernedering! God het dit egter van Hom gevra en Hy het die pad van vernedering gehoorsaam enduit geloop.

9Maar God het Hom uit die diepte van vernedering gehaal en Hom die hoogste eer gegee wat God iemand kan gee. Nou is niks en niemand belangriker as Hy nie en niks en niemand kan ook belangriker as Hy wees nie. God self het so besluit. 10Net mooi almal sal voor die grote Christus moet buig, maak nie saak wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie. Selfs dié wat lankal dood is, sal voor Jesus moet buig. 11Hulle almal sal met oortuiging vir mekaar sê: “Jesus Christus is die Here.” So sal almal ook besef hoe groot en belangrik God die Vader is. (Die Boodskap).

Die groot vraag: Is Jesus God of mens? Daarna gaan ons volgende keer verder kyk.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...