www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Jesus Christus se kruisiging: Die betekenis van die kruis – Adrio König
Jesus Christus se kruisiging
1 Die betekenis van die kruis
In die Westerse Christendom staan die kruis van Christus in die middelpunt. `Jesus het vir ons sondes gesterf’ word sondermeer as die hart van die evangelie beskou, al sal ander fasette ook aandag kry. Die Skrif is natuurlik self ook vol van die betekenis van die kruis.
Die Ou Apostoliese Kerk – Pieter Verster
Henk vra:
Ek wil twee dinge weet asb. Ek wil graag weet die ou apostoliese kerk, hoe reg of verkeerd hulle is, Ek het al paar goed gelees, maar een van hulle konfronteer my. Ek het Kitte Pienaar se boek gelees en wil graag net hulp hê in hierdie verband. Tweedens het ek diploma in Teologie gedoen en wil graag verder studeer, Waar en hoe kan ek dit doen
Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy menslikheid – Adrio König
Die menslikheid van Christus (Christologie van onder)
Dit is nie tradisioneel om die betekenis van Jesus Christus van onder af, dit beteken in terme van sy mensheid, te oorweeg nie – en miskien is dit juis daarom so opwindend, want dit ly min twyfel dat dít is hoe die mense rondom Hom, insluitende sy eie dissipels, aanvanklik na Hom gekyk het.
Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse optrede (5) – Adrio König
Selflose diens
‘n Ander aangrypende faset van Jesus se aardse optrede is sy nederige diens.
Die eis van selflose diens wat Jesus aan sy volgelinge stel, is baie hoog. Daar is ‘n sin waarin Hy byna deurgaans die OT radikaliseer. Dele van die bergrede is goeie voorbeelde. Hy eis dat ons getrouheid aan die wet meer inhou as dié van die Fariseërs.