www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy Liefde jou Lei: God se spoedgrens vir jou lewe – Milanie Vosloo
God se spoedgrens vir jou lewe
Toe seёn God die sewende dag. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. Genesis 2:3
Sommige tye in ons lewe is ons uiters produktief en kry ons ’n duisend dinge gelyktydig gedoen terwyl ons ander kere sommer net in ’n min- of níks-doen-fase is.
Laat sy Liefde jou Lei: Leef positief – Milanie Vosloo
Leef positief
“Moenie bang wees nie, Abram, want Ek sal jou beskerm en jou beloning sal groot wees.” Genesis 15:1b
Oor baie dinge in die lewe het ons nie beheer nie. Maar oor baie wél. Soos ons gedagtes en ingesteldheid teenoor dinge.
Laat sy Liefde jou Lei: Die genade van werk – Milanie Vosloo
Die genade van werk
Dit is goed dat mense lekker eet en wyn drink en hulle werk geniet, wat hulle ook al onder die son doen, so lank as wat God hulle laat lewe. Prediker 5:17b
Wanneer jy jou spesiale talente en gawes deur jou dagtaak kan uitleef, is jy besonder bevoorreg! Want dan het jy rede vir jou bestaan gevind, geniet jy wat jy doen en is jou werk ’n verlengstuk van jouself.
Die Verbondsboek – Coen Slabber
In die vorige artikel het ons na die boek van die lewe gekyk. In hierdie artikel kyk ons na die verbondsboek. Ons lees van die verbondsboek in twee kontekste: