www.bybelkennis.co.za Blog
Evangelie – Adrio König
Die woord “evangelie” word gewoonlik in twee verskillende betekenisse gebruik. Ons gebruik dit om die hart van die boodskap van die Bybel aan te dui, maar ook vir die vier Evangelies in die Nuwe Testament. Kom ons kyk eers na die evangelie as die hart van die Bybelse boodskap.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pinkster- en Charismatiese Kerke
Four Square Gospel • Apostoliese Geloofsending Kerk • Volle Evangelie Kerk (*Pinkster- en Charismatiese kerke)
Die Four Square Gospel word ook die Vierkant-evangelie genoem. Dit is die siening van die viervoudige amp van Jesus as die Verlosser, die Geneser, die Doper met die Gees en die komende Koning.
Die Groot Geloofswoordeboek: Gelykenis
‘n Gelykenis is ‘n verhaal uit die gewone lewe om ‘n geestelike of morele waarheid oor te dra. Jesus het baie gelykenisse vertel, maar daar is ook gelykenisse in die Ou Testament (Rig 9:8 ev; Jes 5:1-2). Dit is nie aanvaarbaar om aan elke klein besonderheid in ‘n gelykenis ‘n spesifieke betekenis te gee nie, al is dit ‘n baie ou gebruik.
Die Groot Geloofswoordeboek: Gebed
Gebed is deel van ons antwoord aan God. Gebed kan baie vorme aanneem. ‘n Mens kan hardop of sag bid, lank bid of ‘n “skietgebed opstuur”. Daar is meer formele gebede in eredienste, en persoonlike gebede. Soms hoor ‘n mens van gebedsreise. Gemeentes organiseer ook geleenthede van “deurnaggebed” in buitengewone omstandighede.