Psalm 16 (3)

image_pdfimage_print

“If life were predictable it would cease to be life, and be without flavor.” –Eleanor Roosevelt

 

Psalm 16 (3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese Implikasies

Daar is baie moontlike interpretasies van hierdie psalm. Hierdie psalm word dikwels ‘n Messiaanse psalm genoem omdat daar in die Nuwe Testament staan dat dit verwys na Jesus se opstanding. Petrus en Paulus het albei uit hierdie psalm aangehaal toe hulle oor Jesus se opstanding gepraat het (Hand 2:25 – 28, 31; 13:35 – 37).

 

Dit is egter belangrik dat ons die belang van die psalm se oorspronklike betekenis moet raaksien. Die belofte is dat mense wat God se heerskappy en geregtigheid soek, ook ander dinge wat hulle nodig het, sal vind. Dit sluit in dinge soos kos en klere. Mense wat ander gode dien, het ander maniere om te verseker dat aan hulle behoeftes voldoen word en spot met gelowiges se vertroue in God. Maar hulle sal hulle fout later uitvind.

 

Die digter het volkome rus en vrede gekry. Hy gee homself oor aan die Here. Hy vra die Here om beskerming en ‘n sterk geloofsvertroue, want hy bly afhanklik van die Here. Hy is nou veilig, maar wie weet wat die toekoms inhou? Hy het homself aan die Here, die Verbondsgod, onderwerp. Ek behoort aan U beteken eintlik in die oorspronklike Hebreeus: ek bely die Here is my koning; ek is sy slaaf. Nêrens ondervind hy vreugde as juis by die Here nie. Daarom het hy openlik met elke afgod gebreek. Ons wil ook teen dreigende vyande beskerm word. Dit is egter nie genoeg nie. Ons will ook by iemand of iets beskerming vind. Ons veiligheid lê by God – ons skuilplek.

 

In ons moderne samelewing is Christene geneig om God se betrokkenheid by die  voorsiening van ons alledaagse behoeftes te skei van sy voorsiening van ons geestelike behoeftes.. Hoekom? Ons dink ons is in beheer van ons omgewing en aanvaar daarom die voorsiening van alledaagse behoeftes as vanselfsprekend. Psalm 16 weet dat die Here nie net die God van die toekoms is nie, maar ook van hierdie lewe. Hy voorsien nie net geestelike lewe nie, maar vir ons hele lewe in oorvloed.

 

Die psalm ontken dat ons die Here kan beperk tot godsdiens of ons geestelike lewe. Ons kan Hom nie losmaak van vrae oor die land en kos nie. Psalm 16 is nie tot die toekoms of godsdiens beperk nie. Die geld ook vir ons materiële lewe nou en hier.

 

 

 

 

image_pdfimage_print