Psalm 37 (1)

image_pdfimage_print

Psalm 37 (1)

Laat jou lewe aan die Here oor – die swakkes sal die land besit (37:1 – 40)

37 Van Dawid.

Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie,

2want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.

3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

4Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

5Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,

jou reg soos die helder lig van die middag.

7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.

8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,

moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

9Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

10Nog ’n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;

’n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.

11Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.

12Die goddelose soek die ondergang van die regverdige en bedreig sy lewe.

13Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom.

14Die goddeloses trek die swaard en span die boog om die hulpelose en die arme

dood te maak, om dié wat die regte pad loop, te vermoor.

15Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref en hulle boë sal stukkend gebreek word.

16Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses,

17want die mag van die goddeloses sal verbreek word,

maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.

18Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,

en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.

19In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,

in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.

20Die goddeloses sal te gronde gaan, die vyande van die Here sal tot niet gaan;

soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan, so sal hulle verdwyn.

21Die goddelose leen en betaal nie terug nie, die regverdige kry jammer en help.

22Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;

maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.

23Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

24As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan.

27Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, dan sal jy die land altyd bewoon,

28want die Here het die reg lief en sy troue dienaars verlaat Hy nie.

Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.

29Die regverdiges sal die land besit en altyd daarin woon.

30Wat die regverdige prewel, is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die reg.

[Prewel – die  Hebreeuse woord verwys na die Joodse gebruik om die Tien Gebooie en ander wette van die Ou Testament gedurig saggies vir hulleself op te sê.]

31Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.

32Die goddelose lê die regverdige voor en soek ’n kans om hom dood te maak,

33maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie

en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie.

34Wag op die Here en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansiwn gee om grond te besit. Jy sal toekyk  wsnneer goddelose mense uitgeeroei word.

35Ek het ‘n goddelose mens gesien, ‘n gewelddadige wat gedy het soos ‘n lowerryke inheemse boom

36Maar toe iemand weer daar verbygaan, was hy weg, Ja, toe ek hom soek, was hy nêrrens te vinde nie.

37Let maar op ‘n onbesproke mens, kyk maar na ‘n optregte – ‘n vredeliewende mens het afstammelinge;

38Maar oortreders wod almal saam uitgedelg, di afstammelinge van goddelose mense word uitgeroei.

39Regverdiges se verlossing kom van die Here – hulle toevlug in ‘n tyd van verdrukking

40Die Here help hulle en  bevry hulle,

Hy bevry hulle van goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

 

 

image_pdfimage_print