Spreuke: Wat is dwaasheid? (4)

image_pdfimage_print

Spreuke: Wat is dwaasheid? (4)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Die algemeenste woord wat vir dwase in Spreuke gebruik word kan met hardkoppig vertaal word. Die algemeenste beskrywing van dwase is dat hulle eiewys, wys in hulle eie oë, nie in staat is om kennis te leer nie of reggestel te word nie, is.

 

Die kindersielkundige, Jerome Kagan, sê dat kinders met drie basiese temperamente gebore word wat bepaal hoe hulle op moeilikhede reageer. Sommige reageer met angs en onttrekking, sommige reageer met aggressie en selfversekerde optrede en sommige reageer met optimisme en ‘n poging om te wen deur sosiaal en vriendelik te wees. Elke benadering werk goed onder sekere omstandighede. As ouers nie intree nie, sal kinders se natuurlike temperament domineer. Hulle leer dan nie hoe om op te tree in situasies waar hulle natuurlike temperament onvanpas is nie. Hulle is dan hardkoppig en dwaas. Die moderne kultuur dring daarop aan dat ons kinders moet toelaat om hulleself te wees, maar wat vir hulle natuurlik voel, mag uitloop op ‘n ramp: Onverstandigheid id eie aan ‘n jongmens, maar ‘n pak slae haal dit uit hom uit (Spreuke 22:15). Om wys te word, moet dié wat angstig is, leer om brawer te wees, dié wat so so selfversekerd is, moet leer om versigtiger te wees en dié altyd optimisties is, moet meer nadenkend wees. In Jesus sien ons Een wat onder elke omstandigheid toepaslik opgetree het – met volmaakte wysheid. Na Lasarus se dood sê Jesus vir Marta: Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit? (Johannes11:23 – 26) en: toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskied en was Hy aangedaan. Hy var toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here kom kyk.” Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het Hy hom gehad!” (Johannes 11:33 – 36)

Ons moet vasstel wanneer ons te selfversekerd is en nie meer oop vir kritiek en nuwe idees is nie.

Ons sien Jesus deur die lewe loop sonder ‘n verkeerde woord of verkeerde tree, Hy weet presies wanneer om stil te bly en wanneer om te praat, wanneer om reg te stel en wanneer om te bevestig Here herskep assseblief sy wysheid in my deur u woord en Gees.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]

 

image_pdfimage_print