Tagged: Goeie Werke

image_pdfimage_print

Ywer vir goeie werke

The whole worth of a kind deed lies in the love that inspires it – Talmoed

 

Ywer vir goeie werke

Mense sê dikwels: “Goeie werke is belangrik. Ons is veronderstel om goeie dinge te doen vir die mense om ons.”  Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen (Titus 2:14). Hoe pas goeie werke in die Christelike teologie en die Christen se lewe in?

Is goeie werke belangrik?

The ultimate measure of a man is not where he stands in moments of comfort and convenience, but where he stands at times of challenge and controversy.”  –  Martin Luther King Jr.

Is goeie werke belangrik?

Scot McKnight (The Sermon on the Mount – 2013) sê dat ons finale bestemming deur ons werke bepaal word. Ons word deur geloof gered, maar op ons werke geoordeel. Baie mense glo dat as hulle gebid en Jesus in hulle harte ingenooi het, is hulle gered … veilig. Hulle vertroue is op ‘n eenmalige besluit, maar daarna toon hulle geen tekens van dissipelskap nie. Die basis van ons Christelike geloof is: Ek word deur Jesus Christus gered om sy dissipel te wees.

Die Groot Geloofswoordeboek: Goeie werke

Die Groot Geloofswoordeboek: Goeie werke

Die groot vraag is wat die waarde van goeie werke is. Tydens die Kerkhervorming (*Hervorming) was dit ‘n belangrike verskil. Volgens die Kerkhervormers het die Katolieke Kerk geleer dat ‘n mens deur jou goeie werke ‘n bydrae lewer om gered te word. Dit sou dan beteken dat Christus nie regtig aan die kruis ge­noeg gedoen het nie.

image_pdfimage_print