Ywer vir goeie werke

image_pdfimage_print

The whole worth of a kind deed lies in the love that inspires it – Talmoed

 

Ywer vir goeie werke

Mense sê dikwels: “Goeie werke is belangrik. Ons is veronderstel om goeie dinge te doen vir die mense om ons.”  Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen (Titus 2:14). Hoe pas goeie werke in die Christelike teologie en die Christen se lewe in?

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie (Galasiërs 6:9). Hoekom doen ons goeie werke?

 Ons doen goeie werke:

  • Om God wat ons liefhet te gehoorsaam. God beveel ons in die Bybel en die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie (1 Joh 5:3). Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Joh 4:19).
  • Omdat ons ons naaste liefhet. Dit is immers die tweede deel van Jesus se opsomming van God se gebod. Jesus het ook die definisie van naaste radikaal uitgebou om ook ons vyande in  te sluit (Matteus 5:43 – 45). As dit ons vyande insluit, sluit dit almal in. Deels is dit omdat ons na sy beeld gemaak is (Gen 1:27) – ons waardeer ons naaste as God se medeskepsels – deur Hom gemaak
  • Om God se karakter en sy werk vir die wêreld te wys. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik (Matt5:16). As ons die wêreld met ‘n gesindheid van liefde en vrygewigheid benader, is dit ‘n kragtige bevestiging van ons verklaring dat God liefde is. Ons bedoel wat ons sê. Geen wonder Jesus sê sy volgelinge is die sout van die aarde nie (Matt 5 :13). Sout verander – dit maak die ding waaroor dit gestrooi word anders. God het ons anders gemaak as wat ons eers was – anders as die wêreld om ons. Ons moet anders wees.
  • Omdat dit die vrug van die werk van die Heilige Gees in ons is. Jesus sê baie duidelik: Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan distels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte … Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken (Matt 7:16 – 20). Goeie werke is nie die wortels van die boom nie; dit maak nie boom wat hy is nie. Maar as ons waarlik verlos is en die Heilige Gees is in ons sal ons vrugte dra. Paulus se lys van die vrug van die Heilige Gees kry ons in Galasiërs 5:22 – 23.  As ons sê ons is Christene, sê ons ons is gesonde bome en daarom dra ons goeie vrugte.
  • Om te verseker die evangelie word gehoor. Evangelisasie is ‘n liefdesdaad. Ons liefde en deernis moet opgewek word deur fisiese en emosionele behoeftes maar ook deur die geestelike behoeftes van ons naaste.

 

Doen ons goeie werke en doen ons dit vir die regte redes?

image_pdfimage_print

You may also like...