Vereis God produktiwiteit?

image_pdfimage_print

 

If going to church becomes a burden it will soon become a memory. – Anoniem

Vereis God produktiwiteit?

God het die mens as beeld van God gemaak. In Genesis 1:28 sê Hy vir Adam en Eva: Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Alhoewel sonde die mens se vermoë om goeie vrugte te dra, belemmer het, bly daar by die mens die begeerte om te skep, te organiseer en om te produseer. Werk is deel van God se goeie skepping. Die probleem is dat God se oordeel oor die mens se sonde werk moeilik maak. In Prediker 12:13 – 14 lees ons: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.

 

Wat sê die Skrif oor produktiwiteit? Is alles negatief? Oor die algemeen waarsku die Skrif daarteen dat ons nie van werk ‘n afgod moet maak nie, maar terselfdertyd waarsku dit teen ledigheid.

  • Efesiërs 2:10: Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. God het werk vir sy mense om te doen Werk kan nie ‘n mens vryspreek nie, maar ‘n vrygespreekte mens het werk om te doen sodat God verheerlik kan word.
  • Titus 2:14: Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

Goeie werke is ‘n gawe wat God vir sy kinders gee, maar dit is ook ‘n opdrag aan die mens. Gelowiges is in staat om vrugte te dra wat God tevrede stel. Daar is egter ‘n paar beginsels wat geld as ons goeie vrugte wil dra:

  • ‘n Goeie karakter is die bron van goeie werke. Geestelike vrugte, soos dit in Galasiërs 5:22 – 23 beskryf word, is karaktereienskappe, maar karakter is nie staties nie. So byvoorbeeld is liefde proaktief, geduld vergewe, ens. Alle goeie werke is liefdesoptredes.
  • Ons moet daarna streef om produktief te wees. Die heerlikheid van die Vader is sigbaar in ons werke. Jesus sê: Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik (Matteus 5:16).
  • Ons moet vir meer goeie werke beplan In die gelykenis van die muntstukke (Matteus 25) is die slegte en lui slaaf die een wat op sy muntstukke gesit het. Hy beplan nie; hy weier om te waag. Die slawe wat die Here tevrede stel, is diegene wat hulle muntstukke gebruik het om meer te maak.

In die lig van wat die Skrif sê, moet ons onsself afvra: Leef ek ‘n produktiewe lewe? God se kinders leef produktiewe lewens. Ons moet na produktiwiteit streef. Hoekom? Om God te verheerlik.

image_pdfimage_print