Vier beginsels om my te help om ander te vergewe

image_pdfimage_print

 

Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin – Moeder Teresa

 

Vier beginsels om my te help om ander te vergewe

Vergifnis is nie altyd maklik nie. Almal van ons kan getuig van ‘n tyd van bitterheid in ons lewens omdat ons nie vergewe het nie. En wie het daardeur seergekry? Net ek. Die Bybel leer vir ons baie oor vergifnis. Kom ons kyk na ‘n paar van daardie waarhede.

 

  • Hoekom moet ons vergewe?

Ons vergewe nie iemand omdat hy vir vergifnis gevra het nie, maar omdat Jesus gesê het dat ons moet vergewe. As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie (Matteus 6:14 – 15). Vergifnis is dus gehoorsaamheid aan Christus en dit wat Hy vir ons geleer het.. Mettertyd sal ons uitvind dat wat Hy ons leer ‘n positiewe invloed op ons lewens het.

 

  • Kies ons om te vergewe?

Vergifnis is ‘n keuse wat ons maak. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe (Kolossense 3:13). Vergifnis is nie iets wat ons doen as ons so voel nie, maar dit is iets wat ons doen omdat ons Christus se voorbeeld navolg. – as ons genade ontvang het, moet ons gewillig wees om genade aan ander te betoon. Kies vergifnis.

 

  • Is dit moontlik om te vergewe al voel jy nie daarna nie?

Ons moet eenvoudig vergewe en vertrou dat God in ons binneste sal doen wat gedoen moet word. Ons moet besef dat vergifnis God se werk in ons is. Daarom moet ons ‘n geloofstree neem en God vertrou om die werk af te handel. Ons weet tog dat God sy goeie werke in ons sal voltooi.

 

  • Hoe weet ons ons het werklik vergewe?

Ons weet ons het vergewe wanneer ons die vryheid wat volg op ware vergifnis ondervind. Ons kan nie vergeet dat ons die mense is wat die swaarste kry as ons nie vergewe nie. As ons dus God se opdrag om te vergewe nakom, stel Hy ons harte vry van die seerkry wat ons vantevore gevange gehou het.

 

Toe het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe maal (Matteus 18:21 – 22). Vergifnis is nie maklik nie, maar ons moet die keuse maak om te vergewe – en weer en weer te vergewe todat die saak finaal in ons harte opgelos is.

 

image_pdfimage_print