Volg My (8)

image_pdfimage_print

 

Prayer is the key that unlocks all the storehouses of God’s infinite grace and power. All that God is and all that God has, is at the disposal of prayer – R. A. Torrey

 

Volg My (8)

David Platt het ‘n kort boekie: What did Jesus really mean when He said: Follow me? geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie boekie spandeer.

 

Dissipels van Jesus lei ook ander mense in die wêreld om hierdie nuwe lewe in Christus te ondervind. Jesus het vir sy eerste vier dissipels gesê dat hulle Hom moet volg en Hy sal hulle vissers van mense maak. Hulle moes die evangelie oor die wêreld versprei. Matteus eindig met Jesus op die berg wat vir sy dissipels ‘n finale opdrag gee: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels; doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

 

Tussen Matteus 4 en 28 het Jesus hierdie dissipels verander in nuwe soort vissers. In Matteus 28 is hulle gretig om vir almal van die lewe, dood en opstanding van Jesus te vertel. Hulle gee hulle lewens, nie net om dissipels te wees nie, maar ook om dissipels te maak. Dissipels van Jesus kan nie help om dissipels van al die nasies te maak nie. As ons Hom waarlik glo, is ons verplig om dissipels te maak. Ons maak nie dissipels omdat ons daartoe gedwing word nie, maar omdat ons graag wil sien dat meer en meer mense Jesus ken.

 

Wat beteken dit om dissipels te maak? Dit begin deur mense te lei om Christus vir hulle verlossing te vertrou. Ons deel die goeie nuus van God se genade en nooi hulle uit om op sy roepstem te reageer. Maar dit is nie waar dit eindig nie. Ons moet ook vir mense wys hoe die lewe van Christus in aksie lyk. Ons moet doelgerig lewens leef wat Christus naboots. Ons moet as modelle vir Christus se karakter dien, die waarheid van Christus praat, die liefde van Christus wys aan alle mense om ons in die proses van die maak van dissipels.

 

Om dissipels te maak, beteken ook dat ons mense leer om te gehoorsaam wat Christus ons beveel het. Elke volgeling van Christus moet sy woord in sy verhoudings uitleef. Jesus se opdrag om dissipels te maak en hulle te leer, geld vir al sy dissipels. Hierdie leer vereis nie spesifieke opleiding nie. Ons doen dit daar waar ons werk en leef en speel.

 

Om ‘n dissipel van Jesus te wees, beteken om dissipels te maak. Dit was waar vir die eerste vier dissipels en is steeds waar.

 

 

image_pdfimage_print