Voorspoedteologie

image_pdfimage_print

Voorspoedteologie

I believe that it is anti-Christian and unholy for any Christian to live with the object of accumulating wealth. You will say, ‘Are we not to strive all we can to get all the money we can?’ You may do so. I cannot doubt but what, in so doing, you may do service to the cause of God. But what I said was that to live with the object of accumulating wealth is anti-Christian.”  (Charles Spurgeon

Nou, meer as ‘’n eeu later, word hierdie teologie nog in baie kerke verkondig.

 

Voorspoedteologie leer dat God wil hê dar alle gelowiges fisies gesond, materieel ryk en persoonlik gelukkig moet wees. Leermeesters van die voorspoedteologie moedig volgelinge aan om te bid vir, selfs te eis, dat hulle materieel sal floreer.

 

Hier is vyf foute ten opsigte van belangrike leerstellings wat leermeesters van voorspoedteologie maak.

 

  1. Die verbond met Abraham is ‘’n middel tot materiële reg

Die verbond met Abraham (Genesis 12, 15, 17 en 22) is een van die teologiese basisse van die voorspoedteologie. Baie van die Skrif gaan oor die vervulling van hierdie verbond, maar hulle toepassing van die verbond is verkeerd.  Hulle glo dat Christene Abraham se geestelike kinders is en dus erfgename van sy seëninge is. Die voorspoedteologie leer dat die primêre doel van die verbond was om Abraham materieel te seën. Omdat gelowiges Abraham se geestelike kinders is, het hulle hierdie finansiële seëninge geërf. “Since God’s covenant has been established and prosperity is a provision of this covenant, you need to realize that prosperity belongs to you now!” (Kenneth Copeland in The Laws of Prosperity). Om hulle saak te ondersteun verwys hulle na Galasiërs 3:14: Daardeur kan ook hulle wat nie-Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. Hulle ignoreer egter die tweede helfte van hierdie vers: So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het. Paulus is duidelik besig om die Galasiërs te herinner aan die geestelike seëning van verlossing en nie die materiële seën van oorspoed nie.

 

  1. Jesus se versoening strek tot by die “sonde” van materiële armoede

Hulle glo dat die versoening voorsiening maak vir fisiese genesing en finansiële voorspoed. Copeland sê:  “the basic principle of the Christian life is to know that God put our sin, sickness, disease, sorrow, grief, and poverty on Jesus at Calvary.”

 

Hierdie misverstand ten opsigte van die omvang van versoening berus op twee foute wat die voorstanders van die voorspoedteologie maak:

  1. Hulle verstaan nie Jesus se lewe nie.  Hulle glo Hy het ‘’n lekker huis gehad en groot hoeveelhede geld hanteer. Geen wonder hulle verstaan nie Jesus se dood nie.
  2. ‘’n Tweede fout is dat 2 Korintiërs 8: 9 misverstaan word: Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: Hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.  Lees ons die vers oppervlakkig kan ons dink dat Paulus hier oor materiële voorspoed praat. Lees ons die vers egter in sy konteks sê Paulus hier dat Christus so baie vir hulle bereik het deur die versoening dat hulle hulleself behoort te ledig van hulle rykdom in diens van die Verlosser net vyf verse later sê Paulus; Moet julle wat nou oorvloed het dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig (8:14).

 

  1. Christene gee sodat hulle materiële kompensasie van God kan ontvang

Voorstanders van die voorspoedteologie is oënskynlik opgee gefikseerd. Ons word aangemoedig om vrygewig te wees. Dit gaan dan gepaard met allerhande vroom stellings: “Ware voorspoed is die vermoë om God se krag te gebruik om die behoeftes van mense te hanteer;” “Ons is geroep om die evangelie aan die wêreld te finansier.” Hierdie stellings klink lofwaardig Die klem val op vrygewigheid vir op die verkeerde motiewe. Die dryfveer is Markus 10:30 waar Jesus sê dat Christene vrygewig moet wees, want as ons dit doen, sal Christus meer aan ons teruggee. Dit lei dan tot ‘’n siklus van toenemende voorspoed. Copeland sê: “Give $10 and receive $1,000; give $1,000 and receive $100,000. . . . In short, Mark 10:30 is a very good deal.”  Jesus leer sy dissipels om te gee sonder om iets terug te verwag (Lukas 10:35). Voorpoedteoloë leer hulle volgelinge om te gee om iets groot terg te kry.

  1. Geloof is ‘’n krag wat self gegenereer word wat lei tot voorspoed.

Vir Christene beteken geloof vertroue in Jesus Christus. Vir voorspoedteoloë is geloof ‘’n krag, ‘’n geestelike energie. Dit is die krag van geloof wat die wette van die geestelike wêreld laat funksioneer. Hierdie is ‘’n totaal verkeerde verstaan van geloof. Volgens die voorspoedteoloë word geloof nie deur God gegee nie. Dit is eerder ‘’n geestelike krag deur die mens bewerk Geloof is dan ‘’n middel tot materiële voorspoed en nie van regverdiging deur God nie.

  1. Gebed is ’n instrument om God te dwing om voorspoed te gee.

Julle kry nie omdat julle nie bid nie (Jakobus 4:2). Hulle moedig ons aan om vir sukses op alle lewensterreine te vra “ As ons bid lotdat ons reeds ontvang het waarvoor ons bid, het God geen keuse as om ons gebede te verhoor nie. Dit is die sleutel om as Christene resultate te kry.” Gebede vir persoonlike seën is nie inherent verkeerd nie. Interessant dat voorspoedteoloe nooit na Jakobus 4:3 verwys nie: As julle bid ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.  God antwoord nie selfsugtige gebede nie – gebede wat nie sy Naam eer nie.

Natuurlik moet ons ons begeertes aan God bekend maak (Filippense 4:6) maar dan moet ons nie selfsugtige, oppervlakkige gebede bid nie. Ons moenie probeer om God te manipuleer nie – dit is nie gebed nie. Dit is vêr daarvan om te bid: Laar u wil geskied.

Voorspoedteologie is ‘’n vals evangelie. Dit is vals, want dit het ‘’n verkeerde siening van die verhouding tussen God en die mens. As hierdie teologie waar is, is genade onnodig; God is irrelevant en die mens is die maatstaf van dinge. James Goff sê dat in die voorspoedteologie God  “is reduced to a kind of ‘cosmic bellhop’ attending to the needs and desires of his creation.” Dit is ‘’n onvoldoende en onbybelse siening van die verhouding tussen God en mens.

 

image_pdfimage_print