Vriendskap is belangrik

image_pdfimage_print

 

The heights by great men reached and kept

Were not attained by sudden flight,

But they, while their companions slept,

Were toiling upward in the night.

Henry Wadsworth Longfellow

 

Vriendskap is belangrik

Die woord vriend word vandag baie losweg gebruik – iemand met wie ons ‘n paar gesprekke gehad het, wat saam met ons werk of wat van ons op Facebook hou, is nou ‘n vriend. Dit is nie noodwendig sleg nie, maar in die proses verloor ons die betekenis van Bybelse vriendskap. J. R Miller sê:

To become another’s friend in the true sense is to take the other into such close, living fellowship that his life and ours are knit together as one. It is far more than a pleasant companionship in bright, sunny hours. A genuine friendship is entirely unselfish. It seeks no benefit or good of its own. It does not love—for what it may receive—but for what it may give. Its aim is “not to be served, but to serve” (Markus 10:45).

 

Weet ons hoe dit met ons vriende gaan? As ons nie weet hoe hulle verhouding met God is, wat hulle probleme is, met watter sondes hulle stry nie, praat ons van ‘n oppervlakkige kennis en nie vriendskap nie.

 

Moontlik is vriendskap so skaars, weens die koste daaraan verbonde.

  1. Vriendskap kos persoonlike gemak

Die ware toets vir vriendskap is wanneer ons vriende iets van ons verwag of nodig het wat nie vreugde is nie. Dan moet ons ons persoonlike voorkeure opsy skuif. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself (Filippense 2:3).

 

  1. Vriendskap kos tyd

Ons is gemaak vir gemeenskap. Maar dit vereis tyd. Jy kan nie ‘n betekenisvolle vriendskap verwag as jy nie bereid is om tyd daarin te belê nie. As ons dit nie doen nie, is dit nie moontlik om iemand te ken en te dien nie.

 

  1. Vriendskap kos intimiteit

Aanvanklik sien ons net die goeie in ons vriende. As dit al is wat ons sien, is ons vriendskap maar oppervlakkig. Vriende help mekaar om sonde te identifiseer en te beveg. Maar dit kan ons net doen as ons die ander persoon se hart ken – en hy ons hart ken. Daar moet ‘n gewilligheid wees om jou hart en lewe vir ander oop te maak. Ons moet die goeie en die slegte deel. Dit geld na beide kante toe.

 

  1. Vriendskap kos gemak

Vriendskap is maklik as almal lag Wat gebeur as die storms kom? Wat gebeur as ons van mekaar verskil? Word ons bitter en draai ons rug op die vriendskap? Ware vriendskap vergewe en herstel die verhouding.

 

  1. Vriendskap kos gebed

Vriende bid vir mekaar. As jy nie vir jou vriende bid nie, is jy nie ‘n ware vriend nie. Ons moet tog ons vriende met gebed bemoedig; ons moet tog vir hulle intree vir genesing, wysheid, voorsiening en heiligheid. Ware vriende bid gereeld vir mekaar. Hulle pleit vir die behoeftes van ander.

 

  1. Vriendskap kos liefde

Hoe langer vriende mekaar ken, hoe meer word hulle sondes geopenbaar. Maak nie saak wat dit is nie, ons moet hulle steeds liefhê. As God ons roep om vriende te wees, roep Hy ons om te vergewe.

 

Vriendskap kos baie, maar dit is die moeite werd. Dit is ‘n gawe van God waarvan Hyself in die evangelie die model is.

 

image_pdfimage_print