Wat is die evangelie?

image_pdfimage_print

 

The root cause of anxiety is a failure to trust all that God has promised to be for us in Jesus. —John Piper

 

Wat is die evangelie?

Die kern van die evangelie is die mens se herstelde verhouding met God. Maar wat hoor ons vandag? Soms hoor ons ‘n terapeutiese oproep – God sal ons beter laat voel en ons sal voorspoedig wees. Soms klink dit soos ‘n transaksie – ons skuld word betaal. Soms klink dit asof ons iets moet vermy. Soms klink dit asof Jesus gekom het om die politiek van die wêreld te verander.

 

Wat sê die Bybel oor die evangelie? As die kerk nie die evangelie reg verstaan nie, kan hy sy bestaansrede verloor. As die evangelie verlore gaan, ly die kerk en God se mense raak die pad byster. Tragies, want wat die wêreld veral nodig het, is om God se teenwoordigheid te ondervind. Die kerk wat weet wat die goeie nuus is, kan die goeie nuus bring aan ‘n wêreld wat ‘n behoefte daaraan het.

 

Die kruis is die spilpunt van die evangelie, maar Jesus wat vir ons sondes gesterf het, is nie die hele evangelie nie. Maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin (1 Korintiërs 1:23). In 1 Korintiërs 15:3 – 5 som Paulus de evangelie op: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte Weerens is die kruis die kern van die evangelieboodskap. As Paulus hier praat van die kruis gebruik hy dit as ‘n sinekdogee  vir die hele evangelie. [ = ‘n geheel word deur ‘n deel aangedui.] Dit is baie belangrik; die evangelie kan nie sonder die kruis oorleef nie.

 

Ons sien dit in 1 Korintiërs 1:30 waar Paulus sê dat om met Christus verenig te wees, beteken dat Hy vir ons die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiligmaking en die verlossing, geword het. Hoekom is dit so belangrik? As die evangelie net die kruis is, beteken dit dat dit as ‘n transaksie wat op ‘n spesifieke tyd ondervind word, gesien word. Die gevaar daarvan as ons die evangelie net as ‘n transaksie sien, is dat ons dan glo as hierdie transaksie afgehandel is jy klaar met die evangelie is – jy het sy verlossing verkry en die hel vermy. Hierdie is egter net die beginpunt van God se goeie nuus.

 

 

image_pdfimage_print