Wat kan ons by die wyse manne leer?

image_pdfimage_print

 

And yet, somewhere along the way, we may have lost touch with what happened on that holy night, the heart of Christmas itself.

 Wat kan ons by die wyse manne leer?

[In die OAV word na wyse manne verwys. Die Direkte Vertaling verwys na sterrekenners.]

Hierdie manne het ‘n ster gevolg. Hoekom? Hulle was op soek na die koning van die Jode. Hulle was op soek na ‘n koning en ‘n paleis. Wat kry hulle? ‘n Kindjie saam met sy ma. Vir ons is daar ‘n belangrike les in wat hulle doen as hulle by die stal kom. John Maxwell noem drie dinge.

  1. As die wyse manne by die stal kom, soek hulle vir God.

Wat doen ons as ons iets onverwags op ons pad kry? Paniek? Dis nie nodig nie – ons moet net rondkyk en ons sal vir God in hierdie stal kry.

  • Josef word deur sy broers as slaaf verkoop. Na baie negatiewe ervarings word hy later aangestel as hoof van die farao se paleis. As hy broers voor hom kniel om verskoning te vra, sê hy vir hulle: Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen (Genesis 50:20).
  • Job: toe hy alles verloor het en op ‘n ashoop sit, sê hy: Die Here het gegee, en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here (Job 1:21).
  • Paulus sit en die tronk en skryf ‘n brief vol blydskap aan die Filippense.

Al drie hierdie mense was in ‘n stal, maar sien vir God in daardie stal raak. Swak Christene sien God net in die goeie; sterk Christene sien God in die goeie en die slegte.

 

  1. As die wyse manne by die stal kom, gee hulle hulle allerbeste vir God

Kyk net na hulle geskenke: goud, wierook en mirre. Ons, daarenteen, as ons ‘n stal in plaas van ‘n paleis kry, is geneig om nie ons beste te gee nie. Gee ek die beste vir God ten spyte van die situasie waarin ek is? As Christen moet ek te alle tye my beste gee – vir God en my naaste – al lyk dinge nie baie belowend nie. Ons wil altyd die minste doen waarmee ons kan wegkom. Dit is nie wat die wyse manne gedoen het nie; dit is nie wat God van ons verwag nie.

 

  1. As die wyse manne by die stal kom, verander hulle hulle rigting

Hierdie manne kom by die stal en daar sien hulle vir Maria en die kindjie. Wat gaan hulle nou doen? Gaan hulle teleurgesteld omdraai omdat hulle nie ‘n paleis gekry het nie? Nee … hulle kniel, bring aan Hom hulde en gee aan Hom geskenke. Ons lees hulle het met ‘n ander pad na hulle land teruggegaan.

 

Kersfees gaan oor ‘n baba – God se baba gebore in ‘n stal wat die wêreld vir altyd verander het. As ons by ‘n stal in ons lewens kom, wees wys en onthou om vir God daar te soek, ons beste vir Hom te gee en om ons lewensrigting te verander. Hoekom? Sodat ons die mense kan wees wat God graag wil hê dat ons moet wees.

 

 

image_pdfimage_print