Hoe word ek wys? (3)

image_pdfimage_print

Hoe word ek wys? (3)

As sondaars jou wil verlei, my seun, moenie toegee nie. Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom, ons oorval sommer iemand. Al het hy ons niks gedoen nie … Moenie met hulle saamgaan nie, my seun, bly van hulle pad af (Spreuke 1:9 – 10 en 15).

Hier waarsku die ouers ‘n seun om nie ‘n gewelddadige lewe te leef nie. Meeste mense dink so ‘n waarskuwing is onnodig vir hulle gesin. In gebiede waar dwelms algemeen gebruik word, mag dit dalk nodig wees. Spreuke weet egter dat enigeen die potensiaal het om wreed te word. As iemand ‘n moord gepleeg het of ‘n bom geplant het, sê die bure dikwels: ‘Maar hy kom uit so ‘n goeie familie.”

Die Bybel aanvaar nooit dat ‘n goeie geslagsregister ‘n versekering teen die bose is nie. Dit leer ook nie dat net die armes geneig is tot geweld nie. Die rykes trap swakkes se koppe plat in die grond, en dié wat hulleself nie kan verweer nie ( Amos 2:7). Jou middel en hoër klas kinders word versoek om by ‘n maatskappy aan te sluit by ‘n firma wie se winste berus op die uitbuiting van hulle werkers of vernietiging van die omgewing of op sukses ten koste van geregtigheid en die waarheid. Moenie dink jy kan ‘n lewe van verkeerde optrede vermy omdat jy uit ‘n goeie familie kom nie.

 

Neem jy deel aan ‘n praktyk wat jou bevoordeel, maar iemand anders benadeel? Maar solank daar nog ‘n vandag is, moet julle mekaar elke dag aanspoor, sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (Hebreërs 3:13).

image_pdfimage_print