Wees altyd beskeie

image_pdfimage_print

“Many books are hardly worth even skimming; some should be read quickly; and a few should be read at a rate, usually quite slow, that allows for complete comprehension. Adler en Van Doren

 

Wees altyd beskeie

Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde (Efesiërs 4:2).

 Voor die koms van die Christendom was beskeidenheid nooit as ʼn deug gesien nie – dit is iets wat verag is; dit is gesien as kruiperig; dit is as ‘n swakheid beskou.  En tog plaas die Christendom dit op die voorgrond van deugde.  Hoekom?  Waar kom dit vandaan?

¨       Christelike beskeidenheid kom van selfkennis – dit is die deug waardeur ʼn mens bewus word van sy eie onwaardigheid.  Om jouself eerlik van aangesig tot aangesig te sien, maak jou nederig.  Meeste van ons dramatiseer onsself.  Ware beskeidenheid is as ons na onsself kyk en ons swakhede en mislukkings en ons selfsugtigheid raaksien.

 

¨       Beskeidenheid kom as ek my lewe langs Christus se lewe plaas en as ek let op die eise van God.  God is volmaak; volmaaktheid vir my is onmoontlik.  Maar ek moet my vergelyk met volmaaktheid – nie met die tweede beste nie.  Selftevredenheid hang af van die standaard waarteen ek my meet.  Die Christelike standaard is Jesus Christus en die eise van God se volmaaktheid.  Teen hierdie standaard gemeet, het ek geen rede om trots te wees nie.

¨       Beskeidenheid kom as ek my totale afhanklikheid van God besef.  Ek is ʼn skepsel – die skepsel kan maar net beskeie wees in die teenwoordigheid van sy Skepper.

 

 

image_pdfimage_print