Wetenskap en die opstanding

image_pdfimage_print

Wetenskap en die opstanding

In die antieke wêreld is ooggetuies en ‘n wonderwerk beskou as sterk bewyse om die waarheid van ‘n gebeurtenis te aanvaar. Toe Moses vir die farao gevra het om die Israeliete te bevry, het hy verskeie wondertekens gedoen om die mag van God te bewys (Eksodus 7:8 – 12). Die apostels het geredeneer dat hulle geloof waar is, want God het vir Jesus uit die dood opgewek (1 Korintiërs 15:14 – 19). Vandag glo mense nie meer in wonderwerke nie. Wonderwerke word gesien as tekens van bygeloof en word as onmoontlik beskou, omdat ons deur die wetenskap vandag meerdere kennis het.

Onlangs het baie Christene begin om wetenskaplike metodes te gebruik om te bewys dat die opstanding ‘n werklike gebeurtenis was. Hierdie sogenaamde natuurlike teologie ondersoek Christelike aansprake spesifiek deur rasionele, objektiewe prosedures. Hierdie rasionele prosedures toets aansprake op grond van hulle vooraf aannames, bewyse en logika. Meeste mense aanvaar die aanname dat die fisiese wêreld bestaan en verstaan kan word. Met hierdie aanname aanvaar, kan wetenskaplikes na die bewyse en die redenering van die opstanding van Jesus kyk en sien of dit waar is.

 

  1. Jesus se dood.

Jesus is gemartel en geslaan met ‘n sweep met skerp stukkies is, dit sou ernstige wonde op sy rug en bene gelaat het (Markus 15;15). Die doringkroon sou ook fisiese skade aangerig het. Jesus het dus heelwat bloed verloor selfs voordat Hy nog gekruisig is. Die verder fisiese gevolge van die kruisiging sou veroorsaak het dat Jesus as gevolg van uitputting en versmoring sou sterf. Johannes se ooggetuienis dat bloed en water uit die wond in Jesus se sy gevloei het, is Johannes se bewyse dat Jesus werklik dood was. (Johannes 19:33 – 37).

Hierdie beskrywing van Jesus se dood is deur verskeie mediese wetenskaplikes ondersoek. Hulle bevestig dat sy wonde baie waarskynlik vir sy dood verantwoordelik was. Al was Jesus net bewusteloos aan die kruis sou die swaard wat in sy sy ingesteek is sekerlik die dood veroorsaak het. Die bloed en water beteken dat die hart en longe raak gesteek is. Mediese kundiges aanvaar dat die bloed en water wat uit Jesus se wond gekom het, waarskynlik bloed en die helder vloeistof wat om die hart is, was. Wetenskaplikes aanvaar uit hierdie beskrywing van Jesus se dood dat Hy waarlik dood was.

 

  1. Jesus se opstanding.

Timothy en Lydia McGrew het die bewyse ten gunste van die opstanding vergelyk met die bewyse dat Jesus nie opgestaan het nie. Hulle het net gewerk met inligting wat algemeen beskikbaar is en deur Christen en nie-Christen wetenskaplikes aanvaar word.  Hier dink ons aan die dood van Jesus, die leë graf en die bekering van Paulus. Om te bewys dat die opstanding die waarskynlikste het hulle veral drie stukke getuienis ontleed:

  • Die vroue se getuienis van die leë graf;
  • Die dissipels se getuienis dat hulle Jesus gesien het en hulle gewilligheid om vir Hom te sterf; en
  • Paulus se bekering na die Christelike geloof.

Onafhanklik het hulle die moontlikheid van elke getuienis se waarskynlikheid om te bewys dat Jesus opgestaan het, ondersoek. Hulle gevolgtrekking dat die aanspraak waarskynlik korrek was. Vanuit ‘n wiskundige perspektief weeg die getuienis swaar ten gunste daarvan dat die opstanding werklike plaasgevind het. Dit ondersteun die aanspraak van die Bybel en die Christelike kerk dat Jesus werklike geleef het na sy dood. In sy genade bied God aan ons meer as genoeg objektiewe bewyse om die waarheid van wat Hy gesê het, te bewys.

 

  1. Jesus se dood en opstanding vervul profesie.

Ons in die moderne wêreld is dikwels skaam om profesie as ‘n argument te gebruik. Onlangse studies bewys dat die Ou Testament se profesieë  oor Jesus se opstanding en omliggende gebeure ondersoek kan word deur openbare, rasionele en objektiewe metodes (= metodes nie bevooroordeel ten gunste van ondersteuners van Jesus se opstanding nie). Die resultate van hierdie ondersoek is ten gunste daarvan dat Jesus die profesieë oor sy dood en opstanding vervul het. Verdere ondersoeke dat die vervulling van die profesieë bloot toevallig was, is een uit ‘n miljoen.

 

Die getuienis in hierdie ondersoeke is niks nuuts nie. Dit het egter die moderne metodes van toets en ondersoek weerstaan. Dit kan ons geloof versterk. Toe Tomas Jesus se hande en sy sien, sê Jesus: glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo (Johannes 20:29). God hoef homself nie aan ons te bewys nie. In sy genade en liefdevolle neerbuiging na ons, gee Hy vir ons bewyse van veelvoudige aard, sodat ons kan glo dat Ek is wat Ek is (Johannes 13:19)

 

Indien u verder oor die onderwerp wil lees, kan u die volgende bronne gebruik:

William Lane Craig EN J. P. Moreland (reds); The  Blackwell Companion to Natural Theology (2009).

Hugh G. Gauch: Natural Theology’s Case for Jesus’s resurrection: Methodological and Statistical Considerations. Philosophia Christi 13: 2: 339 – 35 (20011)

 

image_pdfimage_print