image_pdfimage_print

Vergifnis: Hoe kan ons dit doen?

  1. Besef wat vergifnis is. Dit is primêr ‘’n belofte om nie die verkeerde met die persoon te berdE te bring nie – nie met ander nie; en ook nie in jou eie gedagtes nie. Dit is ‘’n belofte om nie stil te staan  by die seer en om kwaad vir die ander een te wees nie.
  2. Hoe is vergifnis moontlik. Net omdat jy die werklikheid van God se massiewe en duur vergifnis van ons deur Christus sien en besef. Net die besef van ons skuld aan God kan iemand anders se skuld aan ons in perspektief plaas. Die vergifnis van Christus gee aan ons die emosionele nederigheid om ook te vergewe en ook die emosionele hulpbronne om te vergewe. As ons dink aan Christus  se vergifnis van ons en ons wil om vergifnis te beoefen, kom daar stadig ‘’n gevoel van vergifnis by ons.
  3. Ons moet in ons harte vergewe voordat ons met iemand wat iets verkeerd gedoen het, kan versoen. Dan sal ons nie kwaad word in ons bespreking met hulle nie en sal ons nie probeer om punte aan te teken teen hulle nie en ook nie probeer om hulle te verneder nie. Met versoening probeer ons die verhouding te herstel. Ons doen dit deur alles wat ons verkeerd gedoen het, te erken.. Daarna wys ons hulle op enige ongeregtigheid wat hulle gedoen het en dan vra ons om weer versoen te word.

 

image_pdfimage_print