Wie is Ons?

image_pdfimage_print

Die Webspan bestaan uit die volgende lede:

Webbaas – Coen Slabber
Redakteur – Jan van der Watt
Sub-redakteurs – Marius Nel en Kobus Kok

Die skrywers is ‘n groot groep teoloë uit verskillende denominasies (bv. NG, Hervormd, Gereformeerd, AGS) in Suid-Afrika. Ons almal gooi ons kennis in hierdie Webblad saam om vir ons lidmate van diens te wees. (Kyk maar na elke artikel wie het dit geskryf).

Waarom hierdie webblad?

Waarom hierdie webblad? Daar word so dikwels deur lidmate gevra wat hulle van dit of dat moet dink, of wat die Bybel oor sekere sake sê. Daar is egter nêrens regtig ‘n plek waar ‘n mens inligting oor die sake op ‘n maklike en toeganklike manier kan kry nie. Die dominees is ook nie altyd beskikbaar nie. Hierdie webblad wil aan daardie behoefte voorsien. Daar is vir ‘n groot groep teoloë gevra om saam te werk sodat ons betroubare materiaal op die web kan plaas. As jy dus ‘n vraag het, kom kry inligting hier. Jy sal sien ons praat nie van ‘n antwoord nie – ons wil nie voorskryf of finale antwoorde gee nie. Ons wil inligting gee wat jou miskien kan help om jou eie antwoorde te vind.
Hierdie webblad is dus nie bedoel as ‘n Bybelstudie of dagstukkies of so iets nie. Hierdie webblad se uitsluitlike doel is om inligting oor die Bybel en Bybelverwante sake op ‘n toeganklike manier op die web te plaas. Die hoop is dat dit jou sal help om oor sake wat jou geloof en die Bybel raak met meer vertroue te kan nadink.

Belangrik: Hierdie webblad is nie KLAAR nie. Dit groei soos die vrae en behoeftes van die dag groei. Ons nooi enigiemand uit om vrae en opmerkings te stuur. Ons onderneming is om inligting oor alle vrae wat ons kry beskikbaar te kry. As daar nie reeds inligting op die WebWerf is nie, sal ons ons bes doen om binne ‘n billike tyd inligting oor die vraag op die web te plaas.

 

Jan van der Watt

Redakteur

image_pdfimage_print